PSALMS 19:1-2
PSALMS 19:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. Die hemel sê God is koning, die hemeldak vertel wat Hy gedoen het.
PSALMS 19:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
PSALMS 19:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
PSALMS 19:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.
PSALMS 19:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die hemele vertel die eer van God; en die uitspansel toon sy handewerk. Dag tot dag spreek spraak, en nag tot nag spreek kennis uit.