PSALMS 18:20-31
PSALMS 18:20-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet. Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar, want ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie; ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie. Ek was opreg voor Hom, ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid. Die Here het aan my reg laat geskied, want ek was onskuldig in sy oë. U betoon U getrou teenoor die getroue, opreg teenoor die opregte, rein teenoor die reine, maar U verwerp die huigelaar. U red die verdrukte volk, U verneder die trotses. U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.
PSALMS 18:20-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het my uitgelei na 'n oopte; Hy het my bevry omdat Hy my goedgesind is. Die HERE het aan my goed gedoen op grond van my geregtigheid; omdat my hande skoon is, het Hy my vergoed. Want ek het op die HERE se paaie gebly en my nie skuldig gemaak voor my God nie. Ja, ek hou al sy wette voor oë, en sy vaste voorskrifte – daarvan wyk ek nie af nie. Ek was onberispelik voor Hom, en het my weerhou van sondeskuld. Die HERE het my vergoed op grond van my geregtigheid, omdat my hande skoon is in sy oë. Teenoor getroue volgelinge tree U getrou op; teenoor iemand wat onberispelik is, tree U onberispelik op; teenoor dié wat hulle rein hou, bewys U Uself rein; maar teenoor dié wat vals is, tree U berekenend op! Ja, dit is U wat 'n magtelose volk verlos en trotse oë verneder; dit is U wat my lig laat skyn, HERE. My God verlig my donkerte. Ja, met U hardloop ek 'n bende tegemoet, met my God spring ek oor 'n muur. God, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is gelouter. Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
PSALMS 18:20-31 Bybel vir almal (ABA)
Hy bring my na 'n plek waar ek vry is, Hy bring my na 'n plek waar ek vry is, Hy red my, want Hy is lief vir my. Hy red my, want Hy is lief vir my. Ek is onskuldig, Ek is onskuldig, en die Here gee vir my wat ek moet kry, en die Here gee vir my wat ek moet kry, ek het niks verkeerd gedoen nie, ek het niks verkeerd gedoen nie, en die Here beloon my. en die Here beloon my. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê. Wanneer my God my oordeel, Wanneer my God my oordeel, dan is ek nie skuldig nie. dan is ek nie skuldig nie. Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doen Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doen en ek het gedoen wat Hy beveel het. en ek het gedoen wat Hy beveel het. Ek het alles gedoen wat Hy gesê het, Ek het alles gedoen wat Hy gesê het, ek het aangehou om reg te doen. ek het aangehou om reg te doen. Ek is onskuldig, Ek is onskuldig, my God het gesien ek doen niks verkeerd nie, my God het gesien ek doen niks verkeerd nie, en Hy het my beloon. en Hy het my beloon. U doen wat U belowe het U doen wat U belowe het vir die mense wat doen wat húlle belowe, vir die mense wat doen wat húlle belowe, U is altyd goed vir die mense wat net goed doen. U is altyd goed vir die mense wat net goed doen. Wanneer mense rein is en by U mag wees, Wanneer mense rein is en by U mag wees, dan is U by hulle. dan is U by hulle. Wanneer mense vals is, Wanneer mense vals is, dan is U te slim vir hulle. dan is U te slim vir hulle. Ja, dit is U wat mense red Ja, dit is U wat mense red wat hulleself nie kan beskerm nie, wat hulleself nie kan beskerm nie, dit is U wat mense verneder dit is U wat mense verneder wat dink hulle is belangrik. wat dink hulle is belangrik. Ja, Here, dit is U wat vir my lig gee, Ja, Here, dit is U wat vir my lig gee, dit is U, my God, wat lig maak dit is U, my God, wat lig maak wanneer dit donker is om my. wanneer dit donker is om my. Ja, wanneer U by my is, Ja, wanneer U by my is, dan kan ek 'n klomp mense aanval, dan kan ek 'n klomp mense aanval, wanneer my God by my is, wanneer my God by my is, dan kan ek oor 'n hoë muur spring. dan kan ek oor 'n hoë muur spring. Wat God doen, is alles reg, Wat God doen, is alles reg, wat die Here sê, is altyd waar. wat die Here sê, is altyd waar. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug. Hy is soos 'n skild vir almal wat na Hom toe vlug.
PSALMS 18:20-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie; want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë. By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is. Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
PSALMS 18:20-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het my vergeld na my geregtigheid; volgens die reinheid van my hande het Hy my vergeld. Want ek het die weë van die HERE bewaar en nie goddeloos van my God afgewyk nie. Want al sy verordeninge was voor my, en ek het sy insettinge nie van my af weggeneem nie. Ek was ook opreg voor hom, en ek het my van my ongeregtigheid bewaar. Daarom het die HERE my vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande voor sy oë. Met die barmhartige sal U Uself barmhartig wees; by 'n opregte man sal jy jou opreg toon; By die reines sal jy jouself rein vertoon; en saam met die verkeerde sal jy jouself vertolk. Want U sal die geteisterde volk red; maar sal hoë voorkoms afbring. Want U sal my lamp aansteek: die HERE my God sal my duisternis verlig. Want deur jou het ek 'n bende deurgeloop; en deur my God het ek oor 'n muur gespring. Wat God betref, sy weg is volmaak; die woord van die HERE is getoets; Hy is 'n skild vir almal wat op Hom vertrou. Want wie is God behalwe die HERE? of wie is 'n rots behalwe onse God?
PSALMS 18:20-31 Die Boodskap (DB)
Daarom het Hy my na ’n veilige plek toe gevat. Hy het my gered omdat Hy my liefhet. Ja, Hy het my gered. Hy beloon my omdat ek reg gelewe het. Ek was onskuldig. Omdat ek graag doen wat Hy van my vra, het Hy my gehelp. Omdat ek nie verkeerde dinge gedoen het nie, het die Here mooi vir my gesorg. Ek het die reguit pad van die Here geloop. Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het. Ja, ek het voluit vir Hom geleef soos Hy van my verwag het. Ek het Hom opreg gedien. Ek was versigtig om niks verkeerds te doen nie. Die Here het dit geweet. Ek was onskuldig in sy oë. Daarom was Hy goed vir my. Hy het my regverdig behandel. As iemand getrou is, is die Here getrou. As iemand liefdevol optree, kry hy liefde van die Here af terug. As iemand reg en goed optree, is die Here ook goed vir hom. As iemand slegte dinge doen, sal hy ervaar hoe dit voel as God slegte dinge aan hom doen. As mense sleg behandel word, sal U hulle red. As mense egter te veel van hulleself dink, sal U hulle op hulle plek sit. O Here, U is die lig in my lewe. As U by my is, verdwyn die donker. Dan sien ek vir alles kans. Ek sal ’n hele bende storm. Niks sal my kan keer nie. Ek spring oor ’n hoë muur. God se pad is volmaak. Jy kan alles glo wat Hy sê. Hy beskerm almal wat by Hom kom wegkruip.
PSALMS 18:20-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die HERE beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Want ek was getrou aan die voorskrifte van die HERE; ek was nie skuldig teenoor my God nie. Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie. Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde. Die HERE het my opregtheid beloon, want ek was onskuldig voor Hom. Vir die getroues is U getrou; vir die opregtes is U opreg. Vir dié wat rein is, is U rein, vir dié wat vals is, is U vals. U red hulle wat nederig is, maar die hoogmoediges verneder U. U laat my lamp skyn, HERE my God. U verlig my duisternis. Met U loop ek ’n leër storm; met my God spring ek oor ’n muur. God se pad is volmaak. Die HERE se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil.