PSALMS 18:20-24
PSALMS 18:20-24 Bybel vir almal (ABA)
Hy bring my na 'n plek waar ek vry is, Hy red my, want Hy is lief vir my. Ek is onskuldig, en die Here gee vir my wat ek moet kry, ek het niks verkeerd gedoen nie, en die Here beloon my. Ja, ek het gedoen wat die Here wil hê. Wanneer my God my oordeel, dan is ek nie skuldig nie. Ek het onthou wat Hy gesê het ek moet doen en ek het gedoen wat Hy beveel het. Ek het alles gedoen wat Hy gesê het, ek het aangehou om reg te doen.
PSALMS 18:20-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie; want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
PSALMS 18:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered omdat Hy my liefhet. Die Here het aan my reg laat geskied, Hy het my onskuld aanvaar, want ek het die wil van die Here gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie; ek het my deur al sy bepalings laat lei en nie van sy voorskrifte afgewyk nie. Ek was opreg voor Hom, ek was op my hoede teen enige ongeregtigheid.
PSALMS 18:20-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het my uitgelei na 'n oopte; Hy het my bevry omdat Hy my goedgesind is. Die HERE het aan my goed gedoen op grond van my geregtigheid; omdat my hande skoon is, het Hy my vergoed. Want ek het op die HERE se paaie gebly en my nie skuldig gemaak voor my God nie. Ja, ek hou al sy wette voor oë, en sy vaste voorskrifte – daarvan wyk ek nie af nie. Ek was onberispelik voor Hom, en het my weerhou van sondeskuld.
PSALMS 18:20-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het my vergeld na my geregtigheid; volgens die reinheid van my hande het Hy my vergeld. Want ek het die weë van die HERE bewaar en nie goddeloos van my God afgewyk nie. Want al sy verordeninge was voor my, en ek het sy insettinge nie van my af weggeneem nie. Ek was ook opreg voor hom, en ek het my van my ongeregtigheid bewaar. Daarom het die HERE my vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande voor sy oë.
PSALMS 18:20-24 Die Boodskap (DB)
Daarom het Hy my na ’n veilige plek toe gevat. Hy het my gered omdat Hy my liefhet. Ja, Hy het my gered. Hy beloon my omdat ek reg gelewe het. Ek was onskuldig. Omdat ek graag doen wat Hy van my vra, het Hy my gehelp. Omdat ek nie verkeerde dinge gedoen het nie, het die Here mooi vir my gesorg. Ek het die reguit pad van die Here geloop. Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het. Ja, ek het voluit vir Hom geleef soos Hy van my verwag het. Ek het Hom opreg gedien. Ek was versigtig om niks verkeerds te doen nie.
PSALMS 18:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die HERE beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Want ek was getrou aan die voorskrifte van die HERE; ek was nie skuldig teenoor my God nie. Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie. Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde.