PSALMS 18:1
PSALMS 18:1 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het hierdie lied vir die Here gesing op die dag toe die Here hom gered het van sy vyande en van Saul.
PSALMS 18:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
PSALMS 18:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.
PSALMS 18:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van die dienskneg van die HERE. Van Dawid. Hy het die woorde van hierdie lied vir die HERE voorgedra in die tyd toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.