PSALMS 17:1-15
PSALMS 17:1-15 Bybel vir almal (ABA)
'n Gebed van Dawid. 'n Gebed van Dawid. Here, U moet luister, ek is onskuldig. Here, U moet luister, ek is onskuldig. U moet luister wanneer ek vra U moet luister wanneer ek vra dat U my moet help, dat U my moet help, U moet luister wanneer ek bid. U moet luister wanneer ek bid. Ek het niemand bedrieg nie. Ek het niemand bedrieg nie. U moet sê dat ek reg gelewe het, U moet sê dat ek reg gelewe het, U weet wanneer mense eerlik is. U weet wanneer mense eerlik is. Wanneer U in die nag by my kom Wanneer U in die nag by my kom en kyk wat ek gedoen het, en kyk wat ek gedoen het, wanneer U my toets, wanneer U my toets, dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie. dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie. Wanneer ek praat, Wanneer ek praat, dan praat ek nie verkeerde dinge dan praat ek nie verkeerde dinge soos ander mense nie, soos ander mense nie, ek doen wat U wil hê. ek doen wat U wil hê. Daarom het ek nie geword soos die mense Daarom het ek nie geword soos die mense wat altyd wil slaan en vat nie. wat altyd wil slaan en vat nie. Ek het altyd geloop waar U my gelei het, Ek het altyd geloop waar U my gelei het, en my voet het nooit gegly nie. en my voet het nooit gegly nie. My God, ek bid tot U, My God, ek bid tot U, want ek weet U sal my antwoord. want ek weet U sal my antwoord. U moet luister en hoor wat ek sê. U moet luister en hoor wat ek sê. U moet 'n wonderwerk doen U moet 'n wonderwerk doen en doen wat U belowe het, en doen wat U belowe het, U wat die Redder is, U red mense wat vra U wat die Redder is, U red mense wat vra dat U hulle by U moet beskerm dat U hulle by U moet beskerm teen hulle vyande. teen hulle vyande. U moet my oppas U moet my oppas soos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U, soos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U, U moet my wegsteek U moet my wegsteek soos 'n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke. soos 'n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke. U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen, U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen, die mense wat wil hê ek moet weg wees, die mense wat wil hê ek moet weg wees, my vyande wat my van al die kante aanval my vyande wat my van al die kante aanval en wat my wil doodmaak. en wat my wil doodmaak. Hulle is nie genadig nie, hulle praat en spog baie, Hulle is nie genadig nie, hulle praat en spog baie, hulle kom nou van al die kante, hulle kom nou van al die kante, hulle kyk hoe hulle my kan laat val. hulle kyk hoe hulle my kan laat val. Hulle is soos leeus wat lê en wag Hulle is soos leeus wat lê en wag en gereed is om my dood te byt. en gereed is om my dood te byt. Here, U moet kom, U moet my vyande keer, Here, U moet kom, U moet my vyande keer, U moet hulle op die grond gooi, U moet hulle op die grond gooi, U moet my red van die mense wat verkeerd doen. U moet my red van die mense wat verkeerd doen. Here, U self moet my red van hierdie mense, Here, U self moet my red van hierdie mense, hierdie mense wat alles het in hierdie lewe hierdie mense wat alles het in hierdie lewe en wat hulle vol eet van die dinge wat U gee, en wat hulle vol eet van die dinge wat U gee, mense wie se kinders genoeg het, mense wie se kinders genoeg het, en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor. en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor. Ekself het reg gedoen, daarom sal ek vir U sien. Ekself het reg gedoen, daarom sal ek vir U sien. Wanneer ek wakker word en ek sien U is by my, Wanneer ek wakker word en ek sien U is by my, dan wil ek niks meer hê nie. dan wil ek niks meer hê nie.
PSALMS 17:1-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GEBED van Dawid. HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien. U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy. My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord! Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring. Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig. Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek. Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard; met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly. Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
PSALMS 17:1-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gebed van Dawid. Luister tog, Here, na my regverdige saak, let op my hulpgeroep. Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid. U sal uitspraak lewer in my guns: u oë sien immers self wat reg is. As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik sou keur, sou U niks verkeerds vind nie. Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie: ek het my aan u bevel gehou. Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete het nie daarvan afgewyk nie. Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê. Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel. Sonder enige meegevoel, met monde wat aanmatigende dinge sê, omsingel hulle my waar ek ook gaan. Hulle soek my ondergang. Hulle is soos leeus, oorgehaal om te verskeur, soos jong leeus wat iets voorlê. Kom tog, Here, staan hulle voor, dwing hulle op die knieë. Red my met u swaard uit die mag van die goddeloses, met u eie hand, Here, van hierdie mense. Laat hulle ontydig omkom, sny hulle lewens af; laat hulle hulle vol eet aan die onheil wat U vir hulle gereed hou; laat daar oorgenoeg wees vir hulle kinders en laat daar nog oorbly vir die kindskinders. Maar wat my betref, omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan. As ek wakker word, sal ek my verbly in u teenwoordigheid.
PSALMS 17:1-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gebed. Van Dawid. Luister tog na 'n regverdige saak, HERE, gee tog aandag aan my klaagroep, hoor my gebed wat kom oor lippe sonder bedrog. Van U af moet die oordeel oor my kom; mag u oë regverdig onderskei. U het my hart getoets, my snags ondersoek, U het my deur die smeltkroes laat gaan, maar U het niks gevind nie. Ek het my voorgeneem: My mond sal nie oortree nie. Wat die optrede van mense betref, hou ek by die woord van u lippe. Ek het die paaie van geweldenaars vermy. My voete het u paaie nougeset gevolg; my voetstappe het nie gewankel nie. Ek roep U aan, want U verhoor my, o God; draai u oor na my, luister na my woorde. Wys my die wonders van u troue liefde, Verlosser van hulle wat teen teenstanders skuiling soek by u regterhand. Beskerm my soos die appel van u oog; verberg my in die skadu van u vlerke vir goddeloses wat my geweld wil aandoen, vir my vyande wat my lewe van alle kante bedreig. Hulle ongevoelige harte is geslote; met hulle monde praat hulle aanmatigend. Hulle het op my spoor gebly, nou het hulle my omsingel; hulle is daarop ingestel om my op die grond te laat lê. Die goddelose is soos 'n leeu wat daarop uit is om te verskeur, soos 'n jong leeu wat in skuilplekke gereed sit. Staan op, HERE, loop op hom af, laat hom die knie buig. Bevry my met u swaard van goddeloses, met u hand, HERE, van hulle wat doodmaak. Mense wat doodmaak, se lewens is van korte duur; dit is hulle lot in die lewe. Met u verborge straf vul U hulle mae; hulle kinders word versadig daarvan en wat oorbly, laat hulle agter vir hulle jong kinders. Wat my betref, in geregtigheid sal ek u teenwoordigheid ervaar; wanneer ek wakker word, sal ek van u verskyning versadig wees.
PSALMS 17:1-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor die regter, HERE, luister na my geroep, luister na my gebed wat nie uitgaan van geveinsde lippe nie. Laat my vonnis uit u aangesig voortkom; laat jou oë die gelyke dinge aanskou. U het my hart getoets; U het my in die nag besoek; jy het my beproef, en jy sal niks vind nie; Ek het my voorgeneem dat my mond nie sal oortree nie. Wat die werke van mense betref, deur die woord van u lippe het ek my bewaar van die paaie van die verderwer. Hou my paaie op u paaie vas, dat my voetstappe nie gly nie. Ek het U aangeroep, want U sal na my luister, O God; neig U oor tot my en luister na my woord. Toon u wonderlike goedertierenheid, o U wat die wat op U vertrou, deur U regterhand verlos van die wat teen hulle opstaan. Bewaar my soos 'n oogappel, verberg my onder die skaduwee van U vlerke, Van die goddeloses wat my verdruk, van my dodelike vyande wat my omring. Hulle is opgesluit in hul eie vet; met hul mond praat hulle trots. Hulle het ons nou in ons voetstappe omsingel; hulle het hul oë na die aarde gerig; Soos 'n leeu wat gierig is na sy buit, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke skuil. Staan op, HERE, stel hom teleur, werp hom neer; red my siel van die goddelose, wat U swaard is. Van die mense wat u hand is, o HERE, van die mense van die wêreld wat hulle deel in hierdie lewe het, en wie se buik U vul met u verborge skat; hulle is vol kinders en laat die res van hulle besittings aan hulle kleintjies oor. Wat my aangaan, ek sal u aangesig aanskou in geregtigheid; ek sal versadig word as ek wakker word, met u gelykenis.
PSALMS 17:1-15 Die Boodskap (DB)
Here, help my! My saak is regverdig. Ek staan eerlik voor U, sonder vals motiewe. Hoor tog terwyl ek na U roep! Ek is opreg as ek dit vra. Neem asseblief die regte besluite oor my lewe. U weet tog of ek eerlik en opreg is. U wou weet hoe ek optree as ek alleen is; daarom het U gekyk of U op my kan staatmaak. U het my getoets. Maar U kon geen fout vind nie. Oor wat ander doen, bly ek stil. Ek praat nie van mense nie. Ek het net gedoen wat U van my verwag. Ek weet ek doen net wat U wil hê. Ek het net agter U aangeloop. Ek dwaal nie van u pad af nie. Nou roep ek na U, want U sal my mos antwoord, o God! Draai u oor na my toe en luister na wat ek sê. Wys met wat U doen hoe lief U vir my is. Want U red mense wat by U kom wegkruip uit die kloue van ander wat hulle wil seermaak. Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip. Daardie mense wil my met geweld vernietig. Hulle hou niks van my nie en storm van alle kante op my af. Hulle wil my dood sien. Hulle voel niks vir niemand. Wanneer hulle praat, hoor jy hoe baie hulle van hulleself dink. Dit straal uit hulle uit. Oral waar ek gaan, loop hulle agter my aan. Van alle kante bekruip hulle my. Hulle wag net vir die regte oomblik om my tot ’n val te bring. Mense wat weier om U te dien is soos ’n spul leeus wat regstaan om hulle prooi uitmekaar te skeur. Staan op, Here! Vat daardie skelm spul vas! Bring hulle tot ’n val. Red my van almal wat niks met U te doen wil hê nie. Red my self van hulle wat nie doen wat U sê nie. Straf hulle soos U reeds besluit het om te doen. Laat hulle in die fleur van hulle lewe doodgaan. Moenie dat hulle kinders en kleinkinders wegstap sonder dat hulle ook gestraf word nie. Laat hulle almal vir hulle sondes betaal. Ek sal na U toe kom, want ek doen wat U sê! Ek is reg. Elke keer wanneer ek sien hoe U by my is, is ek sommer baie bly.
PSALMS 17:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Luister na my wanneer ek smeek dat U aan my reg moet laat geskied, HERE, luister na my geroep om hulp. Gee tog aandag aan my gebed, want wat ek sê, is met opregtheid. Verklaar my nou onskuldig; U sien tog self wat reg is! U het my gedagtes getoets, my in die nag ondersoek. U het my deeglik beproef, maar niks verkeerds gekry nie; ek is vasbeslote om nie te sondig in wat ek sê nie. Wat mensewerk betref – ek het volgens u voorskrifte gelewe en nie die paaie gevolg van geweldenaars nie. My voetstappe was in u voetspore. My voete het nie gewankel nie. Ek roep tot U, o God, want ek weet U sal antwoord. Draai na my toe en luister as ek bid. U wat red met u sterke hand, toon u wonderlike trou aan hulle wat beskerming soek van vyande. Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke, van bose mense wat my aanval, van wrede vyande wat my omring. Hulle het opstandig geword. Hulle praatjies is verwaand. Hulle spoor my op en omsingel my, hulle is gereed om my neer te gooi op die grond. Hulle is soos honger leeus, gretig om my te verskeur, soos jong leeus wat wegkruip en wag vir hulle kans. Staan op, HERE! Weerstaan hulle en bring hulle op hulle knieë! Red my van bose mense met u swaard! Red my met u magtige hand, HERE, van mense van hierdie wêreld wat hulle loon in hierdie lewe kry. Mag hulle die volle straf ontvang, hulle kinders nog meer as dit erf, en ook hulle kleinkinders. Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid.