PSALMS 145:1-4
PSALMS 145:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil U prys, my God en my Koning, u Naam wil ek altyd loof. Ek wil U elke dag loof, en u Naam vir altyd prys. Die HERE is groot! Hy is waardig om geprys te word. Sy grootheid is onmeetbaar. Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.
PSALMS 145:1-4 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied om die Here te prys. Van Dawid. My God, my Koning, ek wil U prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd. Ek wil U elke dag prys, ek wil u Naam prys, altyd en altyd. Die Here is groot, al die mense moet Hom prys. Niemand weet hoe groot Hy is nie. Elke geslag moet die dinge prys wat U gedoen het. Hulle moet praat oor die groot dinge wat U gedoen het.
PSALMS 145:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N LOFLIED van Dawid. Alef. O My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd. Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
PSALMS 145:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade
PSALMS 145:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Loflied. Van Dawid. Ek wil U verheerlik, o Koning, my God; ek wil u Naam prys vir altyd en altyd. Elke dag wil ek U prys, ek wil u Naam loof vir altyd en altyd. Groot is die HERE en besonder lofwaardig; sy grootheid is ondeurgrondelik. Geslag ná geslag roem u werke; u magtige dade maak hulle bekend.
PSALMS 145:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil U loof, my God, o koning; en ek sal U Naam loof vir ewig en altyd. Ek sal jou elke dag seën; en ek sal U Naam loof vir ewig en altyd. Die HERE is groot en baie lofwaardig; en sy grootheid is ondeurgrondelik. Die een geslag sal U werke aan die ander prys en U magtige dade verkondig.
PSALMS 145:1-4 Die Boodskap (DB)
My God, ek sal U prys en u Naam altyd grootmaak. U regeer oor alles. Ek wil U elke dag prys. Ek wil nooit ophou om U vir alles dankie te sê nie. Die Here is groot. Hy verdien om baie geprys te word. ’n Mens kan nie regtig in woorde beskryf hoe groot Hy is nie. Ouers vertel vir hulle kinders wat U gedoen het. Hulle prys U daaroor.
PSALMS 145:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil U prys, my God en my Koning, u Naam wil ek altyd loof. Ek wil U elke dag loof, en u Naam vir altyd prys. Die HERE is groot! Hy is waardig om geprys te word. Sy grootheid is onmeetbaar. Geslag na geslag sal u dade prys en van u magtige werke vertel.