PSALMS 143:7-8
PSALMS 143:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet my gou antwoord, ek verlang baie na U. U moet kyk hoe dit met my gaan, ek is soos iemand wat besig is om te sterf. U moet elke oggend vir my sê dat U sal doen wat U belowe het, want ek glo dat U my sal help, nét U sal help. U moet vir my sê hoe ek moet lewe, ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.
PSALMS 143:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie. Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
PSALMS 143:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie. Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.
PSALMS 143:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U moet my gou antwoord, HERE; my gees is gedaan. Moet tog nie u gesig vir my verberg nie; dan word ek net soos hulle wat in die put afdaal. Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange.
PSALMS 143:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor my gou, HERE, my gees beswyk; verberg u aangesig nie vir my nie, dat ek nie word soos die wat in die kuil neerdaal nie. Laat my in die môre u goedertierenheid hoor; want op U vertrou ek; laat my die weg ken wat ek moet bewandel; want Ek hef my siel tot U op.
PSALMS 143:7-8 Die Boodskap (DB)
Help my asseblief tog gou, Here. Ek is besig om dood te gaan. Moet my nie ignoreer nie, anders gaan ek nog gouer dood. Elke dag wil ek hoor hoe U my liefhet, want ek vertrou U. Lei my asseblief op die regte lewenspad. Met my hele lewe is ek van U afhanklik.
PSALMS 143:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Antwoord my tog gou, HERE, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf. Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed.