PSALMS 142:5
PSALMS 142:5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ek langs my kyk, dan is daar niemand wat van my weet nie. Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie, niemand is bekommerd oor my nie.
PSALMS 142:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
PSALMS 142:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek soek hulp, maar niemand wil help nie, daar is vir my geen vlugkans nie en niemand gee vir my om nie.
PSALMS 142:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. 'n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.
PSALMS 142:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het U aangeroep, HERE: Ek het gesê: U is my toevlug en my deel in die land van die lewendes.
PSALMS 142:5 Die Boodskap (DB)
Mense het die lewe vir my moeilik probeer maak. Hulle wou hê ek moes misluk. Hulle help my nie. Niemand gee vir my om nie. As ek mense vra om my te help, maak hulle of hulle my nie ken nie. Niemand wil my help nie. Hulle vra nie eens hoe dit met my gaan nie.