PSALMS 142:4-5
PSALMS 142:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ek moedeloos word, dan is dit U wat weet wat met my gebeur. My vyande het vir my 'n vangnet styfgetrek op die pad waar ek loop. Wanneer ek langs my kyk, dan is daar niemand wat van my weet nie. Daar is nie 'n plek waarnatoe ek kan vlug nie, niemand is bekommerd oor my nie.
PSALMS 142:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan. Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.
PSALMS 142:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het alle moed verloor, U weet wat ek moes deurmaak. Op die pad waar ek loop, het hulle vir my 'n strik gestel. Ek soek hulp, maar niemand wil help nie, daar is vir my geen vlugkans nie en niemand gee vir my om nie.
PSALMS 142:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer my gees in my begin weifel, is dit U wat my pad ken. Op die pad wat ek moet loop, het hulle in die geheim 'n vangnet vir my gespan. As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. 'n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.
PSALMS 142:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het na my regterhand gekyk en gesien, maar daar was niemand wat my sou ken nie; geen man het vir my siel omgegee nie. Ek het U aangeroep, HERE: Ek het gesê: U is my toevlug en my deel in die land van die lewendes.
PSALMS 142:4-5 Die Boodskap (DB)
As ek moed opgee, sal U weet wat vir my die beste is. Mense wil my laat struikel en val. Mense het die lewe vir my moeilik probeer maak. Hulle wou hê ek moes misluk. Hulle help my nie. Niemand gee vir my om nie. As ek mense vra om my te help, maak hulle of hulle my nie ken nie. Niemand wil my help nie. Hulle vra nie eens hoe dit met my gaan nie.