PSALMS 14:1-3
PSALMS 14:1-3 Die Boodskap (DB)
Dit is net ’n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie. Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra. Maar mense het gekies om die verkeerde pad te loop. Nie een van hulle leef soos God wil hê nie. Hulle het sleg geword. Sal die slegte mense nooit leer nie? Kyk net wat doen hulle
PSALMS 14:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. Die HERE kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek. Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
PSALMS 14:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie. Hulle is slegte mense, hulle is wreed, nie een van hulle doen goed nie. Die Here kyk uit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat vra wat God wil hê. Hulle het almal besluit om verkeerd te lewe, hulle het sleg geword, niemand doen goed nie, nie een nie.
PSALMS 14:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
PSALMS 14:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie. Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie.
PSALMS 14:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. Dwase sê in hulle harte: Daar is geen God nie. Hulle tree gruwelik en afstootlik op. Daar is nie een wat goed doen nie. Die HERE kyk vanuit die hemel na die mense om te sien of daar iemand is wat verstandig is, iemand wat God soek. Almal het afgedwaal, saam het hulle ontaard; daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.
PSALMS 14:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die dwaas het in sy hart gesê: Daar is geen God nie. Hulle is korrup, hulle het gruwelike werke gedoen, daar is niemand wat goed doen nie. Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders om te sien of daar iemand was wat verstaan en God soek. Hulle het almal eenkant toe gegaan, almal saam het hulle vuil geword; daar is niemand wat goed doen nie, ook nie een nie.
PSALMS 14:1-3 Die Boodskap (DB)
Dit is net ’n baie dom mens wat dink God is nie daar nie. Jy kan dit sien aan wat sulke mense doen: hulle kul en bedrieg net. Hulle stel nie belang om enigiets goeds te doen nie. Die Here soek tussen mense na iemand wat die verstand het om na Hom te soek en te doen wat Hy vra. Maar mense het gekies om die verkeerde pad te loop. Nie een van hulle leef soos God wil hê nie. Hulle het sleg geword. Sal die slegte mense nooit leer nie? Kyk net wat doen hulle
PSALMS 14:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net dwase sê vir hulleself: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup en hulle dade is boos. Niemand doen die goeie nie! Die HERE kyk neer vanuit die hemel op die hele mensegeslag om te sien of daar één verstandige is, één wat vir God soek. Maar nee! Almal het afgedwaal, almal het versleg. Niemand doen wat goed is nie, nie eens een nie!