PSALMS 139:10-15
PSALMS 139:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.
PSALMS 139:10-15 Bybel vir almal (ABA)
dan sal U ook dáár vir my lei en my vashou. As ek sê die donker moet my toemaak, die lig rondom my moet donker word, dan is dit nie donker vir U nie. Vir U is die nag so lig soos die dag en donker is vir U soos lig. Ja, dit is U wat my gemaak het, 'n mens wat kan voel en dink. U het my hele liggaam gemaak voordat ek gebore is. Ek wil vir U dankie sê, want ek word bang wanneer ek sien hoe wonderlik U my gemaak het. Alles wat U doen, is wonderlik, ek weet dit baie goed. U het geweet van elke been in my liggaam toe U my gemaak het waar niemand dit gesien het nie, toe U my gemaak het in die liggaam van my ma.
PSALMS 139:10-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
PSALMS 139:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
ook daar sal u hand my lei, u regterhand my vashou. En al sê ek, “As duisternis my maar net wil verberg en die lig om my nag word”, is selfs duisternis nie vir U donker nie, maar skyn nag so lig soos die dag, is die duisternis soos die lig. Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het. Ek prys U omdat ek op 'n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed. My skelet was nie vir U verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, toe ek kunstig geweef is in die dieptes van die aarde.
PSALMS 139:10-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my vashou. As ek sê: Waarlik, die duisternis sal my oordek; selfs die nag sal oor my lig wees. Ja, die duisternis verberg nie vir jou nie; maar die nag skyn soos die dag: die duisternis en die lig is vir jou albei. Want U het my niere in besit geneem, U het my in die skoot van my moeder bedek. Ek wil U loof; want ek is vreeslik en wonderbaar gemaak; wonderlik is u werke; en dat my siel goed weet. My besittings was nie vir jou verborge toe ek in die geheim gemaak is, en wonderlik bewerk is in die laagste dele van die aarde nie.
PSALMS 139:10-15 Die Boodskap (DB)
Oral hou U my vas. En U lei my op u pad. Al vou die donkerte my heeltemal toe, is U naby my. Lig en donkerte is vir U dieselfde. Niemand kan vir U iets in die donker wegsteek nie. Here, U het my tot in die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm. Ek wil U prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk. Ek weet dat U groot dinge kan doen. Daar is nie ’n been in my wat uit sy plek is nie. U ken my totaal. Alles is soos U dit wil hê. U het my gemaak. Toe ek grootgeword het, het U vir my gesorg. U beheer ook my hele lewe.
PSALMS 139:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun. Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldig en die lig nag word rondom my,” dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig. U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.