PSALMS 131:2-3
PSALMS 131:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Nee, ek is tevrede met wat ek is, ek is soos 'n kind wat nie meer aan sy ma drink nie, 'n kind wat gelukkig is by sy ma. Israeliete, julle moet glo dat die Here julle sal help, nou en vir altyd.
PSALMS 131:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarlik, ek het my siel tot bedaring gebring en stilgemaak; soos 'n gespeende kind by sy moeder, soos 'n gespeende kind is my siel in my. Wag op die HERE, o Israel, van nou af tot in ewigheid!
PSALMS 131:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.
PSALMS 131:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek het my siel tot kalmte en bedaring gebring. Soos 'n kindjie by sy moeder, soos 'n kindjie, is my siel in my. Israel, vestig jou hoop op die HERE, nou en vir altyd.
PSALMS 131:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, ek het my gedra en my kalmeer soos 'n kind wat van sy moeder gespeen is; my siel is soos 'n gespeende kind. Laat Israel van nou af tot in ewigheid op die HERE hoop.