PSALMS 128:1-6
PSALMS 128:1-6 Die Boodskap (DB)
Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê! Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou. Jou huwelik sal een groot vreugde wees en jou kinders jou trots! Jou vrou en kinders sal soos ’n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak. Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees, jy staan in die sonskyn van sy goedheid! Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met sy goedheid, mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien. Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kinders se kinders kan sien grootword. God gee sy vrede aan almal in Israel!
PSALMS 128:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
PSALMS 128:1-6 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Dit gaan goed met almal wat die Here dien, almal wat lewe soos Hy wil hê. As jy dit doen en as jy hard werk, dan sal jy genoeg hê om van te lewe. Dit sal goed gaan met jou, en jy sal ryk word. Jou vrou in jou huis sal wees soos 'n wingerdstok wat baie druiwe dra. Jou kinders by jou tafel sal wees soos jong olyfboompies. Jy moet onthou, dit is hoe die Here die persoon sal seën wat Hom dien. Ek bid dat die Here in Sion jou sal seën. Ek bid dat jy sal sien dat dit goed gaan met Jerusalem, so lank soos jy lewe, en dat jy jou kinders se kinders sal sien. Ek bid dat Jerusalem vrede sal hê.
PSALMS 128:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!
PSALMS 128:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees. Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies! Kyk, so word die man geseën wat die Here dien. Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe, en dat jy jou kindskinders mag sien.
PSALMS 128:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Pelgrimslied. Gelukkig is elkeen wat vir die HERE ontsag het, wat sy paaie volg! Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou. Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok in die binnekamers van jou huis. Jou kinders is soos olyfboompies om jou tafel. Kyk, so sal die man geseën word wat vir die HERE ontsag het. Mag die HERE jou seën uit Sion, sodat jy al die dae van jou lewe die goeie van Jerusalem sal geniet, en mag jy jou kinders se kinders sien.
PSALMS 128:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees; wat in sy weë wandel. Want die arbeid van jou hande sal jy eet; gelukkig sal jy wees, en dit sal met jou goed gaan. Jou vrou sal wees soos 'n vrugbare wingerdstok aan die kante van jou huis: jou kinders soos olyfplante rondom jou tafel. Kyk, so sal die man geseën word wat die HERE vrees. Die HERE sal jou seën uit Sion, en jy sal die goeie van Jerusalem sien al die dae van jou lewe. Ja, jy sal jou kinders se kinders sien, en vrede oor Israel.
PSALMS 128:1-6 Die Boodskap (DB)
Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê! Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou. Jou huwelik sal een groot vreugde wees en jou kinders jou trots! Jou vrou en kinders sal soos ’n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak. Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees, jy staan in die sonskyn van sy goedheid! Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met sy goedheid, mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien. Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kinders se kinders kan sien grootword. God gee sy vrede aan almal in Israel!
PSALMS 128:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geseënd is hulle wat die HERE dien, wat wandel op sy weë. Jy sal die vrug van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees. In jou woning sal jou vrou wees soos ’n vrugbare wingerdstok. Jou seuns sal wees soos jong olyfbome rondom jou tafel. So seën die HERE die mens wat Hom dien. Mag die HERE jou seën uit Sion sodat jy so lank as wat jy lewe die voorspoed van Jerusalem sal sien, en ook jou kleinkinders sal beleef. Mag daar vir Israel vrede wees.