PSALMS 127:1-2
PSALMS 127:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
PSALMS 127:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo. As die Here nie 'n huis bou nie, dan help dit nie dat die bouers hard werk om die huis te bou nie. As die Here nie 'n stad beskerm nie, dan help dit nie dat die wagte wakker bly nie. Dit help nie dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap nie, dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie, want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is, Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.
PSALMS 127:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
PSALMS 127:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Pelgrimslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die HERE oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, eers laat tot rus kom, kos eet wat moeisaam verkry is. Netsowel gee Hy dit aan sy geliefdes in die slaap.
PSALMS 127:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die HERE die huis nie bou nie, arbei hulle tevergeefs wat daaraan bou; as die HERE nie die stad bewaar nie, word die wag maar tevergeefs wakker. Tevergeefs is dit vir julle om vroeg op te staan, laat op te sit, om brood van smarte te eet; want so laat Hy sy beminde slaap.
PSALMS 127:1-2 Die Boodskap (DB)
As die Here die huis nie bou nie, bou die bouers ’n bouval wat enige oomblik inmekaar kan stort. As die Here die stad nie oppas nie, help dit net mooi niks dat die polisie die strate patrolleer nie. Dit is ’n vermorsing van tyd om vroeg op te staan en tot laatnag wakker te bly en jou morsdood te werk. Die Here gee vir almal wat Hy liefhet al hierdie goeie dinge in hulle slaap.
PSALMS 127:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As die HERE die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs. As die HERE die stad nie beskerm nie, waak die wagte tevergeefs. Tevergeefs werk julle so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos julle swoeg om te bestaan. Maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap.