PSALMS 125:1-2
PSALMS 125:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Die mense wat glo dat die Here hulle sal help, is soos die Sionsberg wat nie val nie en wat altyd daar is. Daar is berge rondom Jerusalem, en so beskerm die Here ook sy volk, nou en vir altyd.
PSALMS 125:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N BEDEVAARTSLIED. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.
PSALMS 125:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pelgrimslied. Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd.
PSALMS 125:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Pelgrimslied. Hulle wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, wat vir altyd vasstaan. Jerusalem word omring deur berge; die HERE omring sy volk van nou af tot in ewigheid.
PSALMS 125:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wat op die HERE vertrou, sal wees soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar vir ewig bly. Soos die berge rondom Jerusalem is, so is die HERE van nou af tot in ewigheid rondom sy volk.
PSALMS 125:1-2 Die Boodskap (DB)
Iemand wat die Here vertrou, is soos ’n rots wat jy met geen hyskraan of koevoet kan beweeg nie. Hy staan vas sonder om te beweeg. Jerusalem word deur berge omring. Dit beskerm sy inwoners. Net so bewaar die Here diegene wat Hom vertrou. Hy hou sy oog oor hulle.