PSALMS 118:5-9
PSALMS 118:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat. Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Bybel vir almal (ABA)
Toe dit sleg gegaan het met my, het ek geroep en gevra dat die Here my moet help. Die Here het my geantwoord en Hy het my vrygemaak. Wanneer die Here by my is, dan is ek nie bang nie. Dan kan ander mense niks aan my doen nie. Wanneer die Here by my is en Hy help my, dan sal ek die mense oorwin wat my haat. Dit is beter om te vra dat die Here jou moet beskerm, beter as om te dink dat mense jou sal help. Dit is beter om te vra dat die Here jou moet beskerm, beter as om te dink dat belangrike mense jou sal help.
PSALMS 118:5-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen? Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat. Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. Die HERE is vir my; ek sal nie bang wees nie. Wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaandes te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het die HERE aangeroep in benoudheid; die HERE het my geantwoord en my op 'n groot plek gestel. Die HERE is aan my kant; Ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen? Die HERE neem my deel by die wat my help; daarom sal ek my begeerte sien oor die wat my haat. Dit is beter om op die HERE te vertrou as om op mense te vertrou. Dit is beter om op die HERE te vertrou as om op vorste te vertrou.
PSALMS 118:5-9 Die Boodskap (DB)
Toe ek in die moeilikheid was, het ek ernstig tot die Here gebid. Die Here het na my geluister. Hy het my gehelp. Die Here is by my. Daarom is ek vir niks bang nie. Niemand kan iets aan my doen nie. Die Here help my. Mense wat nie van my hou nie, sal my nooit onderkry nie. Ek sal hulle wen. Dit is beter om die Here te vra om jou te beskerm, as om te hoop mense doen dit, al is hulle hoe belangrik.
PSALMS 118:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In my nood het ek tot die HERE gebid. Die HERE het my geantwoord en my bevry. Die HERE is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen? Die HERE is by my, Hy help my. Ek sal neersien op my haters. Dit is beter om by die HERE te skuil as om staat te maak op mense. Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vername mense te vertrou.