PSALMS 118:24-29
PSALMS 118:24-29 Bybel vir almal (ABA)
Hierdie is die dag wat die Here gemaak het, ons moet juig en bly wees daaroor. Here, ons vra vir U, red ons asseblief, ons vra vir U, laat dit asseblief goed gaan met ons! Ons groet elke persoon wat kom omdat die Here hom gestuur het, ons is in die tempel en ons groet julle. Die Here is God, Hy het vir ons die lig laat skyn. Julle moet die fees begin, julle moet takke neem en julle moet dit bring na die horings van die altaar. U is my God, ek wil vir U dankie sê, my God, ek wil vir U prys. Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.
PSALMS 118:24-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE. Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog. Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
PSALMS 118:24-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here! Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here. Die Here is God; Hy skenk ons die lewe. Begin die fees! Wuif met takke! Gaan tot by die horings van die altaar. U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing. Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.
PSALMS 118:24-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug. Ag, HERE, verlos ons tog! Ag, HERE, gee tog voorspoed! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE. Ons seën julle uit die huis van die HERE. Die HERE is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die kringdans uit tot by die horings van die altaar. U is my God en ek prys U! My God, ek wil U verheerlik. Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.
PSALMS 118:24-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; ons sal daaroor juig en bly wees. Red tog tog, HERE, o HERE, stuur tog tog voorspoed. Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die HERE: ons het julle geseën uit die huis van die HERE. God is die HERE wat vir ons lig laat sien het; bind die offer met toue vas tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U loof; U is my God, ek sal U verhoog. Loof die HERE; want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
PSALMS 118:24-29 Die Boodskap (DB)
So ’n dag is baie besonders. Ons sal bly daaroor sing. Ag, Here, help ons asseblief. Luister, Here, maak ons tog gelukkig. Dit gaan goed met elkeen wat kom om die Here te dien. Julle wat die Here dien, sal baie gelukkig wees. Die Here is die enigste God. Hy help altyd. As Hy jou help, is dit soos ’n lig wat in ’n donker kamer inskyn. Kom ons hou ’n groot fees, want ons is baie bly. Ons moet vir Hom baie, baie dankie sê. Here, U is my God. Ek wil vir U dankie sê. O my God, ek wil u Naam grootmaak en prys. Kom prys die Here, want Hy is goed. Sy liefde sal nooit ophou nie. Daarvan kan jy seker wees.
PSALMS 118:24-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is die dag wat die HERE gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees. HERE, red ons tog, HERE, gee ons tog voorspoed. Geseënd is die een wat kom in die Naam van die HERE. Ons seën julle uit die tempel van die HERE. Die HERE is God, Hy laat sy lig oor ons skyn. Begin die optog, wuif die takke! Stapel dit op tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U prys! My God, ek sal U hemelhoog prys! Wees dankbaar teenoor die HERE, want Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd!