PSALMS 118:20-24
PSALMS 118:20-24 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die poort van die Here, mense wat reg gedoen het, kan daardeur gaan. Ek wil vir U dankie sê, want U het my geantwoord, U het my gered. Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die gebou geword. Die Here het dit laat gebeur, dit was vir ons 'n wonderwerk. Hierdie is die dag wat die Here gemaak het, ons moet juig en bly wees daaroor.
PSALMS 118:20-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan. Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het. Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword. Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
PSALMS 118:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan. Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het. Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë! Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
PSALMS 118:20-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Dit is die poort na die HERE – regverdiges mag daardeur ingaan.” Ek wil U prys, omdat U my geantwoord en my te hulp gekom het. Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword. Van die HERE het dit gekom; dit is 'n wonder in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons juig en ons in Hom verheug.
PSALMS 118:20-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie poort van die HERE, waarin die regverdiges sal ingaan. Ek wil U loof, want U het my verhoor en het my tot heil geword. Die steen wat die bouers geweier het, het die hoofsteen van die hoek geword. Dit is wat die HERE doen; dit is wonderlik in ons oë. Dit is die dag wat die HERE gemaak het; ons sal daaroor juig en bly wees.
PSALMS 118:20-24 Die Boodskap (DB)
Ek wil kerk toe gaan. Ek wil vir die Here baie dankie sê. Daar voel ek naby Hom. Dankie dat U my gehelp het. U het my gered. U het gehoor toe ek na U geroep het. Soms dink mense dat iemand sommer niks is nie. Maar by God is dit anders. Wat soms vir mense onbelangrik is, is vir die Here belangrik. Dit is vir ons goed om dit te weet. Dit is die Here wat dit doen, en dit lyk vir ons na ’n wonderwerk. So ’n dag is baie besonders. Ons sal bly daaroor sing.
PSALMS 118:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is die poort na die HERE; die regverdiges gaan hier in. Ek prys U omdat U my verhoor het en my redder geword het. Die klip wat die bouers afgekeur het, het nou die sluitsteen geword. Dit is die werk van die HERE, en wonderlik vir ons om te aanskou. Dit is die dag wat die HERE gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.