PSALMS 112:7-10
PSALMS 112:7-10 Bybel vir almal (ABA)
Hulle is nie bang om slegte nuus te kry nie, hulle vertrou dat die Here hulle sal help. Hulle is nie bekommerd nie, nie bang nie, hulle weet hulle sal hulle vyande oorwin. Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg, en mense respekteer hulle. Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil hê nie.
PSALMS 112:7-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie, Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien. Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
PSALMS 112:7-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie: hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou. Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien. Die goddelose sien dit en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.
PSALMS 112:7-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die HERE. Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie; uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders. Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien. Die goddelose sien dit en vererg hom
PSALMS 112:7-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sal nie bang wees vir slegte tyding nie: sy hart is vas, vertrou op die HERE. Sy hart is vas, hy sal nie bang wees nie, totdat hy sy begeerte na sy vyande sien. Hy het verstrooi, Hy het aan die armes gegee; sy geregtigheid is tot in ewigheid; sy horing sal met eer verhef word. Die goddelose sal dit sien en bedroef wees; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose vergaan.
PSALMS 112:7-10 Die Boodskap (DB)
Slegte nuus ontstel hom nie, want sy hand is veilig in die Here s’n. Omdat hy op die Here vertrou, is hy glad nie bang nie, want hy weet sy vyande sal tot ’n val kom. Hy strooi sy besittings uit; arm mense dra hy op die hande. Hy hou nooit op om goed te doen nie. Wat ’n leefstyl! Dit bring baie eer en vreugde. Slegte mense is jaloers op hom, maar hulle woorde beteken niks. Slegte mense se planne kom ook tot niks. Ja, tot niks!
PSALMS 112:7-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die HERE. Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand. Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang. Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.