PSALMS 112:10
PSALMS 112:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die goddelose sien dit en vererg hom; hy kners op sy tande, maar kwyn weg. Die begeerte van goddeloses gaan tot niet.
PSALMS 112:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.
PSALMS 112:10 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil hê nie.
PSALMS 112:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
PSALMS 112:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goddelose sien dit en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.