PSALMS 111:2-3
PSALMS 111:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het groot dinge gedoen. Almal wat bly is oor wat Hy gedoen het, onthou dit. Sy werk is soos die werk van 'n koning, Hy doen altyd reg aan mense.
PSALMS 111:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het. He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
PSALMS 111:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.
PSALMS 111:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Indrukwekkend is die werke van die HERE, 'n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind. Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen
PSALMS 111:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die werke van die HERE is groot, gesoek onder almal wat daarin behae het. Sy werk is eerbaar en heerlik, en sy geregtigheid is tot in ewigheid.
PSALMS 111:2-3 Die Boodskap (DB)
Die Here doen baie groot dinge, dit laat jou so klein voel. Elkeen wat opgewonde is oor wat Hy doen, sal aanmekaar daarvan praat en dink. Wat die Here doen, is te groot om te verstaan; dit is te wonderlik om te beskryf. Hy doen altyd net die regte dinge.