PSALMS 11:1-7
PSALMS 11:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. Van Dawid. Ek skuil by die Here. Hoe durf julle vir my sê: “Vlug na die berge toe soos 'n voël! Kyk, die goddeloses span hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit die donker die opregtes van hart te tref. As die fondamente ondermyn word, wat kan die regverdige daaraan doen?” Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. Wie geweld liefhet, haat Hy. Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses, 'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink. Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees.
PSALMS 11:1-7 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Van Dawid. Vir die leier van die koor: Van Dawid. Ek weet, die Here sal my beskerm. Ek weet, die Here sal my beskerm. Hoekom sê julle ek moet na die berge vlug Hoekom sê julle ek moet na die berge vlug soos 'n voël? soos 'n voël? Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk, Julle sê: “Jy moet vlug, want kyk, die mense wat verkeerd doen, die mense wat verkeerd doen, trek hulle boog se snare styf, trek hulle boog se snare styf, hulle sit hulle pyle op die snare van die boog, hulle sit hulle pyle op die snare van die boog, hulle staan in die donker hulle staan in die donker en hulle wil die eerlike mense skiet.” en hulle wil die eerlike mense skiet.” Julle vra: Julle vra: “Wat kan 'n mens doen wat reg wil lewe? “Wat kan 'n mens doen wat reg wil lewe? Daar is niks meer wat vas staan nie.” Daar is niks meer wat vas staan nie.” Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel, Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel, Hy is in die hemel waar sy troon staan, Hy is in die hemel waar sy troon staan, en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen. en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen. Hy kyk wat die mense doen, Hy kyk wat die mense doen, die mense wat reg lewe die mense wat reg lewe én die mense wat verkeerd doen, én die mense wat verkeerd doen, en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense. en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense. Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën, Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën, dit val op die mense wat verkeerd doen, dit val op die mense wat verkeerd doen, die warm woestynwind sal hulle brand, die warm woestynwind sal hulle brand, hulle sal die beker van swaarkry moet drink. hulle sal die beker van swaarkry moet drink. Die Here sal doen wat reg is, Die Here sal doen wat reg is, Hy wil hê mense moet reg doen. Hy wil hê mense moet reg doen. Eerlike mense mag naby Hom wees. Eerlike mense mag naby Hom wees.
PSALMS 11:1-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.
PSALMS 11:1-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Van Dawid. By die HERE skuil ek; hoe kan julle dan vir my sê: “Vlug soos 'n voël na die berge, want kyk, die goddeloses span 'n boog, hulle sit hulle pyle op die boogsnaar om in die donker op die opregtes van hart te skiet. As die fondamente afgebreek word, wat kan 'n regverdige dan doen?” Die HERE is in sy •heilige paleis, die HERE – in die hemel is sy troon. Sy oë sien; sy blik toets die mensekinders. Die HERE – 'n regverdige toets Hy, maar in 'n goddelose en iemand wat geweld liefhet, het Hy 'n weersin. Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën – vuur en swael en 'n verskroeiende wind; dit is wat hulle toekom, dit is hulle beker. Want regverdig is die HERE, Hy het geregtigheid lief, opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar.
PSALMS 11:1-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die HERE stel ek my vertroue; hoe sê julle vir my siel: Vlug soos 'n voël na jou berg? Want kyk, die goddelose span hul boog, hulle maak hul pyl op die tou gereed, om in die geheim op die opregtes van hart te skiet. As die fondamente vernietig word, wat kan die regverdige doen? Die HERE is in sy heilige tempel, die troon van die HERE is in die hemel: sy oë kyk, sy ooglede beproef, die mensekinders. Die HERE toets die regverdige, maar die goddelose en die wat geweld liefhet, haat sy siel. Op die goddelose sal Hy strikke, vuur en swawel laat reën en 'n afgryslike storm: dit sal die deel van hulle beker wees. Want die regverdige HERE het geregtigheid lief; sy aangesig sien die opregtes.
PSALMS 11:1-7 Die Boodskap (DB)
Ek gaan kruip weg by die Here. Ek verstaan nie hoekom mense vir my sê om soos ’n voël weg te vlieg en op ’n ander plek hulp te gaan soek nie. Mense wat U nie dien nie, probeer ander tot ’n val bring, Here. Hulle staan reg om mense wat reg lewe seer te maak. Hulle val mense wat reg lewe in die donker aan. Hulle doen dit wanneer niemand hulle sien nie. Mense wat reg lewe, is magteloos teen hulle. Die Here is in sy woonplek. Hy regeer uit die hemel oor alles. Hy kyk wat mense doen en toets hulle optrede. Die Here kyk of dié wat reg lewe sy toets slaag. Hy het geen tyd vir daardie spul wat alles met hulle vuiste en wapens wil uitsorteer nie. Mag die Here almal wat Hom nie dien nie, voor Hom wegvee. Mag Hy hulle soos ’n orkaan tref. Die Here is altyd regverdig. En Hy hou daarvan as mense die regte dinge doen. Almal wat opreg lewe, sal voor die Here kan gaan staan.
PSALMS 11:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek vertrou op die HERE vir beskerming. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël! Die goddeloses span hulle boë. Hulle sit hulle pyle op die snaar. Vanuit die skaduwees skiet hulle op die opregtes. Wanneer die fondamente van wet en orde inmekaartuimel, wat kan die regverdiges dan doen?” Maar die HERE is in sy heilige tempel; die HERE se troon is in die hemel. Noukeurig kyk Hy na elke ding. Hy toets die mensdom. Die HERE toets die regverdiges, maar Hy haat die goddeloses en dié wat geweld liefhet. Hy laat vuur en swael op die goddeloses reën, en brandende winde is die beker waaruit hulle sal drink. Want die HERE is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien.