PSALMS 109:21-26
PSALMS 109:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
U is die Here my God, handel met my só dat u Naam geëer sal word. U is goed en getrou, red my tog. Ek is hulpeloos en arm, my hart is inmekaargekrimp in my. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby, en ek word weggevee soos 'n sprinkaan. My knieë knak al soos ek gevas het, my liggaam is uitgeteer en maer. Ek het die spot van die mense geword; hulle kyk met veragting na my en knik met voldoening die kop. Help my, Here my God, red my in u troue liefde
PSALMS 109:21-26 Bybel vir almal (ABA)
Maar Here, my Here, ek behoort aan U, en daarom moet U my help. U moet my red, want U doen altyd wat U belowe het, en dit is goed. U moet dit doen, want ek kan myself nie help nie, ek het niks, en ek het baie pyn. Ek is besig om te verdwyn soos 'n skaduwee wat lank word, soos 'n sprinkaan wat afval wanneer iemand dit afskud van sy klere. Ek het nie kos om te eet nie, my knieë is swak en ek is maer. Die mense wat my beskuldig, spot my, hulle is bly wanneer hulle sien wat met my gebeur. Here, my Here, U moet my help, U moet my red, U het belowe om dit te doen.
PSALMS 109:21-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my. Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste. Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan. My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet. En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof. Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid
PSALMS 109:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
U is die Here my God, handel met my só dat u Naam geëer sal word. U is goed en getrou, red my tog. Ek is hulpeloos en arm, my hart is inmekaargekrimp in my. Soos 'n skaduwee wat lank word, is my einde naby, en ek word weggevee soos 'n sprinkaan. My knieë knak al soos ek gevas het, my liggaam is uitgeteer en maer. Ek het die spot van die mense geword; hulle kyk met veragting na my en knik met voldoening die kop. Help my, Here my God, red my in u troue liefde
PSALMS 109:21-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar, U, HERE, my Heer, handel met my ter wille van u Naam; omdat u troue liefde goed is, red my! Want ek is magteloos en behoeftig, en my hart is deurboor in my binneste. Soos 'n skaduwee wat lank word, gaan ek heen; ek word afgeskud soos 'n treksprinkaan. My knieë gee mee sonder dat ek vas; my liggaam is uitgeteer, sonder olie. En ek, ek het vir hulle 'n bespotting geword; wanneer hulle my sien, skud hulle die kop. Help my, HERE my God; verlos my in u troue liefde
PSALMS 109:21-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar doen vir my, o HERE, HERE, ter wille van u Naam; want u goedertierenheid is goed, verlos my. Want ek is arm en behoeftig, en my hart is verwond in my binneste. Ek is weg soos 'n skaduwee as dit daal; ek word op en af geslinger soos 'n sprinkaan. My knieë is swak van vas; en my vlees vergaan van vet. Ek het ook vir hulle 'n smaad geword; toe hulle na my kyk, het hulle hul hoofde geskud. Help my, HERE my God, red my na U goedertierenheid!
PSALMS 109:21-26 Die Boodskap (DB)
Here, wees asseblief goed vir my. U Naam is op die spel. U is tog die Here, my God! Help my uit die moeilikheid uit. U het u kinders baie lief. Ek is in die moeilikheid. Ek het u hulp nodig. My binneste is stukkend. Ek is besig om stadig dood te gaan. Daar is niks waaraan ek kan vashou nie. My bene vou onder my in. Ek kan nie meer eet nie. Ek is maer. Daar is geen vet meer aan my nie. Slegte mense het op my getrap en my beledig. As hulle my sien, maak hulle ’n gek van my. Hulle haat my, en hulle is bly as dit sleg met my gaan. Here, my God, help my tog! Help my asseblief uit die moeilikheid uit. U het u kinders baie lief.
PSALMS 109:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar mag U, oppermagtige HERE, met my handel tot eer van u Naam! Red my, want u getrouheid is so goed. Ek is arm en in nood, en my hart is hewig ontsteld binne-in my. Soos ’n skadu wat lank word, so kwyn ek weg. Ek is soos ’n sprinkaan wat afgeskud word. My knieë is swak omdat ek vas; ek is net vel en been. Mense spot met my; as hulle my sien, skud hulle die kop. Help my, HERE my God! Red my op grond van u troue liefde.