PSALMS 107:28-30
PSALMS 107:28-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“HERE, help ons!” het hulle geroep in hulle nood, en Hy het hulle uit al hulle ellende gered. Hy het die storm stilgemaak en die golwe het bedaar. Hulle was bly toe dit kalm word en Hy hulle na die hawe toe lei waar hulle wou wees.
PSALMS 107:28-30 Bybel vir almal (ABA)
Toe dit so sleg gaan met hulle, het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help, en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie. Hy het die stormwind stilgemaak, en die branders het klein geword. Die mense was bly omdat die see stil geword het. Die Here het hulle gelei na die hawe waar hulle wou wees.
PSALMS 107:28-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
PSALMS 107:28-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle veilig uit hulle ellende gelei. Hy het die stormwind stilgemaak, en die golwe van die see het bedaar. Die seevaarders het hulle verheug oor die kalmte. God het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.
PSALMS 107:28-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het hulle in hulle nood na die HERE om hulp geroep; uit hulle benoudheid het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm stil gemaak en die golwe het bedaar. Hulle was bly toe die golwe kalm word. Hy het hulle gelei na die hawe waarna hulle verlang het.
PSALMS 107:28-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe roep hulle die HERE aan in hul benoudheid, en Hy het hulle uit hul benoudhede uitgelei. Hy maak die storm stil, sodat sy golwe stil is. Dan is hulle bly omdat hulle stil is; daarom bring Hy hulle na hulle begeerlike hawe.
PSALMS 107:28-30 Die Boodskap (DB)
In hulle nood het hulle die Here gevra om te help. Hy het hulle uit daardie moeilikheid gehelp. Hy het die storm stilgemaak. ’n Mens kan die klank van stilte hoor. Al die hoë golwe het gaan lê. Die mans was baie bly toe die storm bedaar het. Daarvandaan het God hulle veilig laat vaar tot by die volgende hawe.