PSALMS 106:30-31
PSALMS 106:30-31 Bybel vir almal (ABA)
Maar Pinehas het opgestaan en hy het die mense gestraf wat skuldig was, en toe het die mense nie meer siek geword nie. Mense sal altyd en altyd onthou dat Pinehas gedoen het wat reg was.
PSALMS 106:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou; en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
PSALMS 106:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pinehas het opgetree en die skuldiges gestraf, en die plaag het opgehou. Dié optrede is deur al die geslagte heen vir Pinehas as 'n daad van geregtigheid toegereken.
PSALMS 106:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pinehas het opgestaan, tussenbeide getree, en die plaag is gestuit. Dit is hom toegereken as 'n regverdige daad, van geslag tot geslag, vir altyd.
PSALMS 106:30-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Pinehas opgestaan en oordeel voltrek, en so is die plaag opgehou. En dit is hom tot geregtigheid gereken van geslag tot geslag tot in ewigheid.