PSALMS 106:1-3
PSALMS 106:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Halleluja! Prys die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. Wie kan die magtige dade van die HERE verwoord, al sy lof verkondig? Gelukkig is hulle wat die reg onderhou, te alle tye geregtigheid handhaaf!
PSALMS 106:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Prys die HERE! Dank die HERE, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie. Wie kan die magtige dade van die HERE beskryf, of sy lof ten volle bekendmaak? Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskied en wat altyd doen wat reg is.
PSALMS 106:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys. Julle moet vir die Here dankie sê, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het. Niemand kan sê hoe sterk die Here is nie, niemand kan Hom reg prys nie. Dit gaan goed met mense wat aanhou om reg te oordeel, met mense wat altyd reg doen.
PSALMS 106:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HALLELUJA! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig? Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
PSALMS 106:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here! Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Wie kan die magtige dade van die Here onder woorde bring? Wie kan sy lof ten volle verkondig? Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf, wat by elke geleentheid geregtigheid doen.
PSALMS 106:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Prys die HERE. Loof die HERE; want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wie kan die magtige dade van die HERE verkondig? wie kan al sy lof verkondig? Geseënd is die wat die reg bewaar, en hy wat te alle tye geregtigheid doen.
PSALMS 106:1-3 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Hy is goed. Sy goedheid hou net aan en aan, vir altyd! Wie op aarde het ooit genoeg woorde om te sê hoe groot en sterk die Here is? Wie kan sy Naam genoeg loof? God hou baie van elkeen wat doen wat reg is, wat elke kans aangryp om sy wil te doen. Hy laat dit goed gaan met sulke mense.