PSALMS 105:8-11
PSALMS 105:8-11 Bybel vir almal (ABA)
Hy het altyd sy verbond onthou, Hy het dit belowe vir 1 000 geslagte. Hy het hierdie verbond gemaak met Abraham, Hy het dit vir Isak belowe, Hy het vir Jakob gesê die verbond sal nie verander nie, dit is 'n verbond met die volk Israel, 'n verbond wat vir altyd sal wees. Die Here het gesê: “Ek gee vir jou die land Kanaän, dit moet altyd aan julle behoort.”
PSALMS 105:8-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond, met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.
PSALMS 105:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.”
PSALMS 105:8-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy onthou vir altyd sy verbond, die woord wat Hy beveel het, vir duisend geslagte, wat Hy gesluit het met Abraham en met 'n eed beloof het aan Isak. Hy het dit aan Jakob bevestig as 'n vaste voorskrif, aan Israel as 'n ewige verbond, met die woorde: “Aan jou sal Ek die land Kanaän gee as julle afgemete erfdeel.”
PSALMS 105:8-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het aan sy verbond gedink vir ewig, die woord wat Hy beveel het tot duisend geslagte. Watter verbond Hy met Abraham gesluit het en sy eed aan Isak; en dit aan Jakob bevestig as 'n wet en vir Israel as 'n ewige verbond. en gesê: Aan jou sal Ek die land Kanaän gee, die lot van jou erfdeel.
PSALMS 105:8-11 Die Boodskap (DB)
Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het, sy beloftes wat Hy aan duisende geslagte gegee het! Dit is dieselfde ooreenkoms wat Hy met Abraham gemaak het, en sy belofte aan Isak. Dit is aan Jakob dat Hy sy woord gegee het en met Israel dat Hy ’n ewige ooreenkoms gemaak het toe Hy gesê het: “Al die grond in Kanaän behoort van nou af aan jou, dit is jou erfporsie, jou besitting!”
PSALMS 105:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal sy verbond altyd onthou, die bepalings wat Hy beveel het vir duisend geslagte, die verbond met Abraham gesluit en sy eed aan Isak. Hy het dit aan Jakob bevestig as ’n vaste bepaling, aan Israel as ’n voortdurende verbond: “Ek gee die land Kanaän vir jou as jou eie besitting.”