PSALMS 105:2-4
PSALMS 105:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet sing vir Hom, julle moet musiek maak vir Hom, julle moet praat oor al sy wonderwerke. Julle moet Hom prys, Hy is heilig. Almal wat die Here dien, moet wys dat hulle bly is. Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk, julle moet altyd naby Hom wil bly.
PSALMS 105:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders. Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
PSALMS 105:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.
PSALMS 105:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sing vir Hom, besing Hom! Praat met oorgawe oor al sy wonderwerke. Beroem julle in sy •heilige Naam; laat die harte van hulle wat die HERE opsoek, bly wees. Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.
PSALMS 105:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom; vertel van al sy wonderdade. Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
PSALMS 105:2-4 Die Boodskap (DB)
Sing liedere, maak die Here se Naam groot. Jubel oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen. Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam. Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Kruip by Hom weg. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.