PSALMS 105:14-15
PSALMS 105:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie, en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku: “Moenie aan my gesalfdes raak nie, moenie my profete kwaad aandoen nie!”
PSALMS 105:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê niemand mag sy mense verdruk nie, Hy het konings gestraf omdat hulle sy volk verdruk het. Hy het gesê: “Julle moet niks sleg doen aan die mense wat Ek gesalf het nie, julle moenie slegte dinge doen aan my profete nie.”
PSALMS 105:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
PSALMS 105:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie. Hy het konings oor hulle tereggewys: “Moenie aan my gesalfdes raak nie; my profete moet julle geen kwaad aandoen nie.”
PSALMS 105:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het niemand toegelaat om hulle onreg te doen nie; ja, hy het konings ter wille van hulle bestraf; en sê: Raak nie aan my gesalfdes nie, en doen my profete geen kwaad nie.
PSALMS 105:14-15 Die Boodskap (DB)
Maar Hy het nie toegelaat dat iemand hulle ooit sleg behandel nie. Selfs magtige konings is nie toegelaat om hulle aan te val nie. God het vir hulle gesê: “Moet dit nie waag om julle hand teen my kinders op te lig nie. Hulle is Myne. Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.”