PSALMS 105:1-45
PSALMS 105:1-45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, julle, nageslag van Abraham sy dienaar, nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het. Hy, die Here, is ons God; sy reddingsdade strek oor die hele aarde. Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.” Toe hulle nog maar min was, net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land, toe hulle van volk na volk geswerf het, van die gebied van die een volk na dié van 'n ander, het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie, en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku: “Moenie aan my gesalfdes raak nie, moenie my profete kwaad aandoen nie!” Toe Hy hongersnood oor die land gebring het en al hulle kos laat opraak het, het Hy iemand voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. Hulle het sy voete geboei en hom in die gevangenis gehou totdat sy woorde bewaarheid is, nadat hy die toets deurstaan het met wat die Here aan hom bekend gemaak het. Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom; die heerser oor baie volke het hom vrygelaat en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding, met gesag oor al sy besittings. Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel en selfs aan hoë amptenare leiding gee. Israel het na Egipte toe gekom, Jakob kon in die land van Gam gaan woon. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak, talryker as hulle onderdrukkers. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander, sodat hulle sy volk gehaat en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, die man wat Hy verkies het. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen, sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak, maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset. Hy het hulle waters in bloed verander en hulle visse laat vrek. Hulle land het gekrioel van die paddas, selfs tot in hulle koning se slaapkamer. Die Here het beveel en daar het insekte gekom, muggies oor hulle hele gebied. Hy het hulle reëns in hael verander en swaarweer oor hulle land gestuur. Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietig en die bome in hulle gebied stukkend geslaan. Hy het beveel en daar het sprinkane gekom, ontelbaar baie sprinkane. Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslind en al die gesaaides van hulle lande afgevreet. Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe, al hulle eersgeborenes. Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange oor die Israeliete. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het. Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!
PSALMS 105:1-45 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet vir die Here dankie sê, julle moet sy Naam sê, julle moet vir al die volke vertel wat Hy gedoen het. Julle moet sing vir Hom, julle moet musiek maak vir Hom, julle moet praat oor al sy wonderwerke. Julle moet Hom prys, Hy is heilig. Almal wat die Here dien, moet wys dat hulle bly is. Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk, julle moet altyd naby Hom wil bly. Julle moet dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het, julle moet dink aan sy tekens toe Hy sy vyande gestraf het. Julle is die nageslag van sy dienaar Abraham, die nageslag van Jakob wat Hy gekies het. Hy is ons God die Here, Hy oordeel al die mense. Hy het altyd sy verbond onthou, Hy het dit belowe vir 1 000 geslagte. Hy het hierdie verbond gemaak met Abraham, Hy het dit vir Isak belowe, Hy het vir Jakob gesê die verbond sal nie verander nie, dit is 'n verbond met die volk Israel, 'n verbond wat vir altyd sal wees. Die Here het gesê: “Ek gee vir jou die land Kanaän, dit moet altyd aan julle behoort.” Hulle was min mense, net 'n paar mense, en hulle was vreemdelinge in die land. Hulle het rondgetrek, van een volk na 'n ander volk, van een land na 'n ander land. Die Here het gesê niemand mag sy mense verdruk nie, Hy het konings gestraf omdat hulle sy volk verdruk het. Hy het gesê: “Julle moet niks sleg doen aan die mense wat Ek gesalf het nie, julle moenie slegte dinge doen aan my profete nie.” Die Here het hulle honger laat word, daar was niks om te eet nie. Hy het 'n man gestuur om voor hulle te gaan, die man was Josef, sy broers het hom verkoop, en hy het 'n slaaf geword. Hulle het sy voete met toue vasgemaak, hulle het 'n ysterband om sy nek gesit. Josef was 'n slaaf totdat die tyd gekom het toe hy moes praat, en die Here vir hom gesê het wat hy moet sê. En wat hy gesê het, het gebeur. Die koning het mense gestuur en hulle het vir Josef uit die tronk laat kom. Die man wat oor volke regeer het, het vir Josef die deure laat oopmaak. Die koning het vir Josef gekies en aangestel om oor die paleis te regeer, Josef moes regeer oor alles wat aan die koning behoort het. Josef kon vir die amptenare van die koning sê wat hy wil hê hulle moet doen. Hy het vir die leiers geleer wat die regte dinge is wat hulle moet doen en sê. Jakob het na Egipte gekom, hy het in die land van Gam kom woon, en hy was 'n vreemdeling daar. Die Here het sy volk baie kinders laat kry, hulle het meer geword as hulle vyande. Die Here het die harte van die vyande verander, hulle het sy volk gehaat en hulle het slim planne gemaak teen sy dienaars. Die Here het sy dienaar Moses gestuur en ook vir Aäron, die man wat Hy gekies het. Hulle het die tekens van die Here gedoen by die Egiptenaars, hulle het wonderwerke gedoen in die land van Gam. Die Here het die donker gestuur, en dit het donker geword. Die Egiptenaars was opstandig teen wat die Here gesê het. Die Here het hulle water in bloed verander, en hulle visse het gevrek. Daar het paddas oral in die land gekom, die paddas het tot in die kamers van die koning gekom. Die Here het dit beveel, en toe kom daar steekvlieë en muggies in die hele land van die Egiptenaars. Die Here het die reën verander, dit het hael geword, en daar was weerlig in die land van die Egiptenaars. Die hael het hulle wingerde en hulle vyebome stukkend geslaan, dit het al die bome in die land stukkend geslaan. Die Here het dit beveel, en toe kom daar sprinkane, groot swerms sprinkane, niemand kon tel hoeveel sprinkane nie. Die sprinkane het alles opgevreet wat groen was in die land, hulle het al die koring en die plante in die land opgevreet. Die Here het elke oudste seun in die land laat sterf, elke kind wat gebore is toe sy pa nog sterk was. Die Here het al die stamme van die Israeliete uit Egipte laat gaan, hulle het silwer en goud saamgeneem. Niemand het gegly en geval nie. Die Egiptenaars was bly toe die Israeliete trek, want hulle het baie bang geword vir die Israeliete. Die Here het 'n wolk laat kom om die Israeliete toe te maak, en Hy het 'n vuur gestuur om lig te maak in die nag. Die volk het gevra, en die Here het kwartels laat kom, Hy het vir hulle meer as genoeg brood uit die hemel gegee. Die Here het 'n rots oopgemaak, en daar het water uitgekom, die water het soos 'n rivier gevloei in die droë land. Ja, die Here is heilig, Hy het sy belofte onthou. Hy het die belofte vir sy dienaar Abraham gemaak. Die Here het sy volk, die mense wat Hy gekies het, laat uitgaan. Hulle was vrolik en hulle het gesing. Hy het vir sy volk die lande van die heidene gegee. Sy volk kon die goed vir hulleself vat, die goed waarvoor die ander volke hard gewerk het. Hoekom het die Here dit gedoen? Die Here het dit gedoen sodat sy volk sal doen wat Hy vir hulle sê, sodat hulle gehoorsaam sal wees aan die dinge wat Hy vir hulle geleer het.
PSALMS 105:1-45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LOOF die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend. Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders. Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond, O nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes! Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele. Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond, met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel. Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin, en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk, het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie. En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek. Hy het 'n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom, tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het. Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat. Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed; om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer. Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders. Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel. Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het. Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie. Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe. Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings. Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied. Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land. En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek. Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal, wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond. Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag. Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval. Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig. Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — 'n rivier! Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg. En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem, dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!
PSALMS 105:1-45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Loof die Here! Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel, julle, nageslag van Abraham sy dienaar, nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het. Hy, die Here, is ons God; sy reddingsdade strek oor die hele aarde. Hy hou sy verbond altyd in stand, die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het, die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, sy eed aan Isak. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging, vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan. Hy het gesê: “Ek gee Kanaän vir jou as grondgebied en eiendom.” Toe hulle nog maar min was, net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land, toe hulle van volk na volk geswerf het, van die gebied van die een volk na dié van 'n ander, het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie, en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku: “Moenie aan my gesalfdes raak nie, moenie my profete kwaad aandoen nie!” Toe Hy hongersnood oor die land gebring het en al hulle kos laat opraak het, het Hy iemand voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop. Hulle het sy voete geboei en hom in die gevangenis gehou totdat sy woorde bewaarheid is, nadat hy die toets deurstaan het met wat die Here aan hom bekend gemaak het. Toe het die koning hom uit die gevangenis laat uitkom; die heerser oor baie volke het hom vrygelaat en hom aangestel as hoof van die koninklike huishouding, met gesag oor al sy besittings. Josef kon die amptenare van die koning na goeddunke beveel en selfs aan hoë amptenare leiding gee. Israel het na Egipte toe gekom, Jakob kon in die land van Gam gaan woon. Die Here het sy volk baie vrugbaar gemaak, talryker as hulle onderdrukkers. Hy het die gesindheid van die Egiptenaars verander, sodat hulle sy volk gehaat en vyandig opgetree het teenoor sy dienaars. Die Here het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, die man wat Hy verkies het. Onder die Egiptenaars het hulle die tekens van die Here gedoen, sy wonders het hulle gedoen in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak, maar hulle het hulle teen sy opdrag bly verset. Hy het hulle waters in bloed verander en hulle visse laat vrek. Hulle land het gekrioel van die paddas, selfs tot in hulle koning se slaapkamer. Die Here het beveel en daar het insekte gekom, muggies oor hulle hele gebied. Hy het hulle reëns in hael verander en swaarweer oor hulle land gestuur. Hy het hulle wingerdstokke en vyebome vernietig en die bome in hulle gebied stukkend geslaan. Hy het beveel en daar het sprinkane gekom, ontelbaar baie sprinkane. Hulle het al wat groen was in die Egiptenaars se land verslind en al die gesaaides van hulle lande afgevreet. Al hulle oudste seuns in die land het Hy laat sterwe, al hulle eersgeborenes. Toe het Hy sy volk uitgelei, belaai met silwer en goud. In geeneen van die stamme het iemand uitgesak nie. Die Egiptenaars was bly dat hulle vertrek het, want hulle was skrikbevange oor die Israeliete. Die Here het 'n wolk uitgesprei as beskutting oor hulle en 'n vuur gegee om lig te maak in die nag. Toe hulle kos vra, het Hy kwartels laat kom en sy volk met brood uit die hemel versadig. Hy het 'n rots oopgebreek en daar het water uitgestroom wat soos 'n rivier deur die dorre gebied gevloei het. Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!
PSALMS 105:1-45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Prys die HERE, roep sy Naam uit; maak onder die volke sy dade bekend. Sing vir Hom, besing Hom! Praat met oorgawe oor al sy wonderwerke. Beroem julle in sy •heilige Naam; laat die harte van hulle wat die HERE opsoek, bly wees. Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op. Roep die wonders wat Hy gedoen het in herinnering, sy tekens en die oordele van sy mond – nageslag van Abraham, sy dienskneg, kinders van Jakob, sy uitverkorenes! Hy is die HERE ons God; oor die hele wêreld geld sy beslissings. Hy onthou vir altyd sy verbond, die woord wat Hy beveel het, vir duisend geslagte, wat Hy gesluit het met Abraham en met 'n eed beloof het aan Isak. Hy het dit aan Jakob bevestig as 'n vaste voorskrif, aan Israel as 'n ewige verbond, met die woorde: “Aan jou sal Ek die land Kanaän gee as julle afgemete erfdeel.” Toe hulle nog min in getal was, baie min, en hulle •vreemdelinge in die land was, het hulle van een nasie na die ander geswerf, van een koninkryk na 'n ander volk. Hy het geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie. Hy het konings oor hulle tereggewys: “Moenie aan my gesalfdes raak nie; my profete moet julle geen kwaad aandoen nie.” Hy het hongersnood uitgeroep oor die land; elke stok vir brood het Hy gebreek. Hy het iemand voor hulle uit gestuur; as 'n slaaf is Josef verkoop. Mense het sy voete in boeie geklem, 'n yster is om sy nek gesit tot die tyd toe sy woord vervul is. Die woord van die HERE het hom gelouter. Die koning het 'n boodskap gestuur en hy is losgelaat; die heerser van volke het hom vrygelaat. Hy het hom heer oor sy huis gemaak, en heerser oor alles wat hy besit, om sy •hoë amptenare na willekeur te beperk, en sy oudstes wysheid te leer. Israel het in Egipte aangekom, Jakob was 'n •vreemdeling in die land van Gam. Die HERE het sy volk baie vrugbaar gemaak; Hy het hulle magtiger gemaak as hulle teenstanders, wie se harte Hy verander het om sy volk te haat, om slu op te tree teen sy diensknegte. Hy het sy dienskneg Moses gestuur, ook Aäron wat Hy uitgekies het. Hulle het onder hulle sy aangekondigde tekens uitgevoer, en wonders in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur, dit donker gemaak – was hulle dan nie opstandig teen sy woorde nie? Hy het hulle water in bloed verander, hulle vis laat doodgaan. Hulle land was oortrek met paddas, tot in die slaapkamers van hulle koninklikes. Hy het gepraat, en daar het steekvlieë gekom, muggies in hulle hele gebied. Hy het hulle reënbuie hael gemaak, met weerligstrale in hulle land. Dit het hulle wingerde en vyebome platgeslaan, die bome in hulle gebied verniel. Hy het gepraat, en daar het treksprinkane gekom, ontelbare voetgangers. Dit het al die plante in hulle land kaal gevreet; dit het die opbrengs van hulle landerye opgevreet. Hy het al die •eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle manlike krag. Hy het sy volk laat wegtrek met silwer en goud; onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie. Egipte was bly toe hulle wegtrek, want vrees vir sy volk het hulle oorval. Hy het 'n wolk uitgesprei as bedekking, en 'n vuur om die nag te verlig. Hulle het gevra, en Hy het kwartels laat kom; met brood uit die hemel het Hy hulle versadig. Hy het 'n rots oopgemaak, en water het gevloei; dit het soos 'n rivier deur die dorre streek geloop. Ja, Hy het sy •heilige belofte aan Abraham, sy dienskneg, onthou. Hy het sy volk laat wegtrek met vreugde, sy uitverkorenes met jubelkrete. Hy het aan hulle die landstreke van volke gegee. Wat nasies met moeite verkry het, het hulle in besit geneem, sodat hulle sy vaste voorskrifte kan nakom en by sy wette kan hou.
PSALMS 105:1-45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Loof die HERE; roep sy Naam aan, maak sy dade bekend onder die volk. Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom; vertel van al sy wonderdade. Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het; sy wonders en die oordele van sy mond; O nageslag van Abraham, sy kneg, kinders van Jakob, sy uitverkorene! Hy is die HERE onse God: sy oordele is op die hele aarde. Hy het aan sy verbond gedink vir ewig, die woord wat Hy beveel het tot duisend geslagte. Watter verbond Hy met Abraham gesluit het en sy eed aan Isak; en dit aan Jakob bevestig as 'n wet en vir Israel as 'n ewige verbond. en gesê: Aan jou sal Ek die land Kanaän gee, die lot van jou erfdeel. Toe hulle maar 'n paar manne in getal was; ja, baie min, en vreemdelinge daarin. Toe hulle van een nasie na die ander gegaan het, van een koninkryk na 'n ander volk; Hy het niemand toegelaat om hulle onreg te doen nie; ja, hy het konings ter wille van hulle bestraf; en sê: Raak nie aan my gesalfdes nie, en doen my profete geen kwaad nie. Verder het hy 'n hongersnood oor die land geroep; hy het die hele staf brood verbreek. Hy het 'n man voor hulle uit gestuur, naamlik Josef, wat vir 'n dienskneg verkoop is. Wie se voete hulle met boeie seergemaak het: hy is in yster gelê. Totdat sy woord gekom het: die woord van die HERE het hom beproef. Die koning het gestuur en hom losgemaak; selfs die owerste van die volk, en laat hom vry. Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy besittings. Om sy vorste te bind na sy behae; en leer sy senatore wysheid. Israel het ook in Egipte gekom; en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. En hy het sy volk baie vermeerder; en hulle sterker gemaak as hulle vyande. Hy het hulle hart verander om sy volk te haat, om listig met sy dienaars te handel. Hy het sy dienaar Moses gestuur; en Aäron wat hy uitverkies het. Hulle het sy tekens onder hulle laat sien en wonders in die land van Gam. Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was nie opstandig teen sy woord nie. Hy het hulle water in bloed verander en hulle visse gedood. Hulle land het paddas in oorvloed voortgebring, in die kamers van hulle konings. Hy het gepraat, en daar het verskillende soorte vlieë en luise in al hulle gebiede gekom. Hy het hulle hael gegee vir reën en vlammende vuur in hulle land. Hy het ook hulle wingerde en hulle vyebome getref; en verbreek die bome van hulle grondgebied. Hy het gespreek, en die sprinkane het gekom en ruspes, en dit sonder getal, en al die kruie in hulle land opgeëet en die vrugte van hulle grond opgeëet. Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land verslaan, die owerstes van al hulle mag. Hy het hulle ook uitgebring met silwer en goud, en daar was nie een swak mens onder hulle stamme nie. Egipte was bly toe hulle vertrek het, want die vrees vir hulle het op hulle geval. Hy het 'n wolk uitgesprei as 'n bedekking; en vuur om lig te gee in die nag. Die volk het gevra, en hy het kwartels gebring en hulle versadig met die brood van die hemel. Hy het die rots oopgemaak, en die waters het uitgevloei; hulle het in droë plekke geloop soos 'n rivier. Want hy het gedink aan sy heilige belofte en aan Abraham, sy dienaar. En Hy het sy volk met blydskap uitgelei en sy uitverkorenes met blydskap. En hulle het die lande van die nasies aan hulle gegee, en hulle het die arbeid van die volk geërf; sodat hulle sy insettinge kon onderhou en sy wette onderhou. Prys die HERE.
PSALMS 105:1-45 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Bid tot Hom! Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het. Sing liedere, maak die Here se Naam groot. Jubel oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen. Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam. Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Kruip by Hom weg. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie. Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het. Onthou sy magtige dade, hoe Hy mense in nood uitgered het. Julle is deel van die nageslag van Abraham, die kneg van die Here. Julle behoort aan Jakob wat deur die Here uitgekies is. Die Here is ons God! Die hele aarde is vol van al sy magtige dade. Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het, sy beloftes wat Hy aan duisende geslagte gegee het! Dit is dieselfde ooreenkoms wat Hy met Abraham gemaak het, en sy belofte aan Isak. Dit is aan Jakob dat Hy sy woord gegee het en met Israel dat Hy ’n ewige ooreenkoms gemaak het toe Hy gesê het: “Al die grond in Kanaän behoort van nou af aan jou, dit is jou erfporsie, jou besitting!” Toe Israel nog maar ’n klein groepie was, vreemdelinge in ’n nuwe land, het hulle van landgebied tot landgebied rondgetrek, van een klomp mense na ’n ander. Maar Hy het nie toegelaat dat iemand hulle ooit sleg behandel nie. Selfs magtige konings is nie toegelaat om hulle aan te val nie. God het vir hulle gesê: “Moet dit nie waag om julle hand teen my kinders op te lig nie. Hulle is Myne. Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.” Die Here het ’n hongersnood oor die hele land laat kom. Daar was nie ’n krieseltjie kos oor om te eet nie. Maar Hy het ’n man voor hulle uit gestuur. Dit is Josef, wat as ’n slaaf verkoop is. Hulle het Josef se voete met swaar boeie vasgemaak en hom agter ysterdeure toegesluit. Sy swaarkry het aangehou totdat God se plan waar geword het, totdat die Here besluit het hy is net die regte man vir die werk! Josef het die toets geslaag. Toe het die koning vir Josef uit die tronk laat haal. Die magtige heerser oor baie nasies het hom vrygelaat en hom aangestel as die hoof oor sy hele paleis. Josef het beheer gehad oor al sy besittings. Die koning se huishouding was onder Josef se bestuur. Hy was die hoof oor die belangrike amptenare. Al die slim mense moes hy onderrig. Israel het toe na Egipte toe gekom, Jakob het as ’n vreemdeling in Gam se land gaan bly. Die Here het gesorg dat hulle baie kinders het, baie meer as die mense wat hulle verdruk het. Hy het die Egiptenaars teen sy mense laat draai. Later was hulle so vol haat dat hulle sy dienaars sleg behandel het. Die Here het toe vir Moses, sy dienskneg, gestuur, ook vir Aäron wat Hy self uitgekies het. Hulle het groot wonderwerke gedoen. Daar in Gam se land het hulle vir die Egiptenaars gewys hoe sterk die Here is. Die Here het alles laat donker word, maar hulle het geweier om na Hom te luister. Hy het hulle water in bloed verander. Al hulle visse het doodgegaan. Skielik het hulle land gewemel van paddas, tot in die koning se slaapkamer. Toe die Here die bevel gee, het steekvlieë op hulle toegesak. Muskiete was die hele wêreld vol. Die Here het hael en donderweer oor hulle gestuur in plaas van sagte reën. Swaar donderweer het hulle land uitmekaargeslaan. Hy het al hulle vrugtebome en wingerdstokke van die aarde af weggevee. Daar het nêrens ’n boom staande gebly nie. Hy het net ’n woord gesê, toe sak sprinkane op hulle toe. Hulle was so baie, jy kon hulle nie tel nie. Hulle het elke stukkie groenigheid in die Egiptenaars se land opgeëet. Daar het nie ’n plant of ’n vrug iewers oorgebly nie. Al die oudste seuns in hulle land het Hy laat sterf. In ’n oogwink was hulle sonder krag of hoop. Toe het Hy Israel laat wegtrek met arms vol silwer en goud. Niemand van hulle het in Egipte agtergebly nie. Die mense van Egipte was bly dat hulle padgegee het, want hulle was teen hierdie tyd baie bang. Die Here het elke dag ’n wolk oor sy volk uitgesprei om hulle koel te hou, en ’n groot bol vuur in die nag om vir hulle lig te gee. Hulle het gebid vir kos, toe stuur Hy vir hulle kwartels om te eet, brood uit die hemel het al hulle hongerpyne weggevat. Hy het ’n rots laat oopgaan, toe loop daar water uit, soos ’n magtige rivier het dit deur die droë woestyn gevloei. Dit alles het Hy gedoen omdat Hy sy belofte onthou, sy belofte wat Hy aan Abraham, sy kneg, gemaak het. Hy het sy volk al singende laat uittrek. Almal wat Hy uitgekies het, het gejuig van vreugde. Hy het vir hulle ongelowiges se grond gegee. Die land wat hulle met moeite verkry het, het God se volk in besit geneem. Wat ander met groot moeite in die hande gekry het, het hulle vir hulle gevat sodat hulle daar kan doen wat Hy sê en op die regte pad kan stap wat Hy vir hulle wys. Prys die Here!
PSALMS 105:1-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dank die HERE, maak sy Naam bekend! Maak sy dade bekend aan die nasies. Sing vir Hom, sing tot sy eer! Vertel van sy wonderdade aan almal. Roem sy heilige Naam. Wees bly, dienaars van die HERE! Vra na die HERE en sy krag, hou aan om Hom te soek. Dink aan sy wonderdade, sy tekens en sy regspraak. Kinders van Abraham, sy dienaar, nakomelinge van Jakob, God se uitverkorenes. Hy is die HERE ons God. Sy uitsprake is oor die hele aarde. Hy sal sy verbond altyd onthou, die bepalings wat Hy beveel het vir duisend geslagte, die verbond met Abraham gesluit en sy eed aan Isak. Hy het dit aan Jakob bevestig as ’n vaste bepaling, aan Israel as ’n voortdurende verbond: “Ek gee die land Kanaän vir jou as jou eie besitting.” Toe hulle maar min was, ’n klein groepie mense en vreemdelinge in die land, het hulle rondgetrek tussen die volke, van een koninkryk na die ander. Hy het nie toegelaat dat hulle verdruk word nie. Ter wille van hulle, het Hy konings gewaarsku: “Moenie my gesalfdes aanraak, en my profete kwaad aandoen nie.” Hy het ’n hongersnood oor die land gebring, en hulle kosvoorrade laat opraak. Hy het iemand vooruitgestuur: Josef, wat verkoop is as slaaf. Sy voete het hulle in boeie gedwing, en sy nek in ’n ysterhalsband gesit tot sy woord waar geword het, en die HERE se woord hom reg bewys het. Toe het Farao hom vrygelaat; die heerser oor volke het hom bevry. Hy het hom aangestel oor sy huis, met gesag oor al sy eiendomme. Hy kon aan sy beamptes bevele gee, en sy hoofamptenare wysheid leer. Toe het Israel na Egipte toe gekom. Jakob het as vreemdeling in die land Egipte gaan woon. Die HERE het sy volk laat vermeerder en hulle was magtiger as die vyande. Hy het hulle gesindheid verander sodat hulle sy volk gehaat het, en listig saamgesweer het teen die dienaars van die HERE. Hy het Moses, sy dienaar, gestuur, en vir Aäron, wat Hy verkies het. Hulle het wondertekens tussen hulle verrig, en wonderwerke in die land Egipte. Hy het duisternis gestuur, en dit het donker geword. Nogtans het die Egiptenaars hulle teen sy bevele verset. Hy het hulle water in bloed verander, en so al die visse laat vrek. Toe het paddas die land oordek, tot in die koning se slaapkamer. Op sy bevel het swerms insekte gekom, en muggies oor die hele land. Hy het hael gestuur in plaas van reën, en weerlig oor hulle hele land. Wingerde en vyebome het Hy getref, en al hulle bome stukkend geslaan. Op sy bevel het sprinkane gekom, hordes sprinkane sonder tal. Al die groen plante in die land het hulle verorber, al die produkte van die landerye het hulle vernietig. Die oudste seuns in hulle land het Hy laat sterf, die eerstelinge van elke huisgesin. Toe het Hy Israel uit Egipte uitgelei, oorlaai met silwer en goud. Niemand in die stamme het gestrompel nie. Egipte was bly toe hulle getrek het, want hulle was almal baie bang vir hulle. Die HERE het as bedekking ’n wolk oor hulle uitgesprei, en vuur om die nag te verlig. Hulle het kos gevra, en Hy het kwartels gestuur; met brood uit die hemel het Hy hulle versadig. Hy het ’n rots gekloof, en water het uitgestroom, ’n rivier het in dorre plekke gevloei. Hy het inderdaad sy heilige belofte aan Abraham sy dienaar onthou. Hy het sy volk met vreugde gelei, sy uitverkorenes uitgelei met gejuig. Die lande van nasies het Hy aan hulle gegee, en wat ander geplant het, het hulle geoes sodat hulle sy gebooie sou onderhou en sy voorskrifte sou gehoorsaam. Prys die HERE!