PSALMS 103:18-19 - Compare All Versions

PSALMS 103:18-19 ABA (Bybel vir almal)

Hy doen reg aan almal wat gehoorsaam is aan sy verbond en wat doen wat Hy sê. Die Here het sy troon in die hemel gesit, Hy is Koning van alles en almal.

PSALMS 103:18-19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen. Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

PSALMS 103:18-19 AFR83 (Afrikaans 1983)

vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom. Die Here het sy troon in die hemel gevestig, sy heerskappy strek oor alles en almal.

PSALMS 103:18-19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

vir hulle wat sy verbond hou, en vir hulle wat sy opdragte in gedagte hou, om dit uit te voer. Die HERE het in die hemel sy troon gevestig, en sy heerskappy strek oor alles.

PSALMS 103:18-19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Aan die wat sy verbond hou en aan die wat sy gebooie onthou om dit te doen. Die HERE het sy troon in die hemel gereed gemaak; en sy koninkryk heers oor alles.

PSALMS 103:18-19 DB (Die Boodskap)

Elkeen wat Hom dien en die ooreenkoms nakom wat Hy gesluit het, kan op sy liefde reken. Oor die jare heen help Hy mense. Die Here help almal wat na Hom luister. Die Here regeer uit die hemel. Hy is die sterkste van almal. Hy heers oor alles.

PSALMS 103:18-19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

vir dié wat getrou is aan sy verbond en sy gebooie gehoorsaam. Die HERE het sy troon in die hemel gevestig; Hy heers oor almal.