PSALMS 102:1-3
PSALMS 102:1-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Gebed vir iemand wat swaarkry, wanneer hy swak voel en by die Here wil kla. Here, U moet na my gebed luister, U moet hoor hoe ek roep en vra dat U my moet help. Dit gaan sleg met my, U moenie maak of U dit nie sien nie. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my gou antwoord.
PSALMS 102:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GEBED van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE. O HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom! Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
PSALMS 102:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gebed van 'n hulpelose wanneer dit met hom sleg gaan en hy sy klagte uitstort voor die Here. Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp! Moet U tog nie van my afsydig hou nou dat ek in die nood is nie. Luister tog na my wanneer ek U aanroep, verhoor tog gou my gebed
PSALMS 102:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gebed. Van 'n magtelose wanneer hy kragteloos is en sy klag voor die HERE uitstort. HERE, hoor tog my gebed! Laat my hulpkreet U bereik! Moet tog nie u gesig vir my verberg in my tyd van nood nie. Draai u oor na my in die tyd wanneer ek roep; antwoord my gou!
PSALMS 102:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor my gebed, HERE, en laat my hulpgeroep tot U kom. Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, antwoord my gou. Want my dae is verteer soos rook, en my gebeente brand soos 'n vuurherd.