PSALMS 101:1-8
PSALMS 101:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VAN Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie. 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien. Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie. Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
PSALMS 101:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. 'n Psalm. Here, ek wil sing oor U wat altyd doen wat U belowe, oor U wat altyd reg oordeel. Ek wil vir U sing. Ek wil weet hoe om heeltemal reg te lewe. Wanneer kom U na my toe? Ek wil heeltemal reg lewe in my huis. Ek wil niks doen wat sleg is nie. Ek haat die dinge wat mense doen wat nie reg lewe nie. Ek wil nie daardie dinge doen nie. Ek wil nie vals wees nie, ek wil niks doen wat verkeerd is nie. Ek sal die mense stilmaak wat slegte dinge sê oor ander mense wat dit nie hoor nie. Ek sal nie vriende wees met iemand wat hoogmoedig is nie, met iemand wat nie nederig is nie. Ek sal net mense in die land kies wat ek kan glo, mense wat heeltemal reg lewe, net húlle mag vir my werk. In my huis mag niemand woon wat vir ander mense bedrieg nie. Niemand wat leuens vertel, mag vir my werk nie. Ek sal elke oggend almal in die land wat verkeerde dinge doen, vir altyd stilmaak. Ek sal die mense wat slegte dinge doen, laat verdwyn uit die stad van die Here.
PSALMS 101:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VAN Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE! Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie. 'n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie. My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien. Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie. Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
PSALMS 101:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil 'n lied sing tot u eer, Here. Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid, niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie. Valsheid wil ek van my af weg hou, van kwaad wil ek niks weet nie. Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis. Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie. Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees. Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie. In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis, almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.
PSALMS 101:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. 'n Psalm. Oor troue liefde en oor regspraak wil ek sing; U, HERE, wil ek besing. Ek wil my toespits op 'n onberispelike lewenswyse. Wanneer sal ek dit bereik? Ek sal met 'n opregte hart leef in my huis. Ek sal nie iets boos voor my oë verdra nie. In die pleeg van wandade het ek 'n weersin; dit mag nie aan my kleef nie. 'n Vals hart moet van my wegbly; van boosheid wil ek niks weet nie. Wie sy medemens in die geheim belaster, hom sal ek vernietig. Hovaardige oë en 'n hoogmoedige hart, dit kan ek nie verdra nie. Ek is op die uitkyk vir betroubares in die land, sodat hulle by my kan bly; wie 'n onberispelike lewenswyse handhaaf, hulle mag my dien. Daar sal niemand in my huis woon wat bedrog pleeg nie. Wie leuens vertel, sal nie voor my oë standhou nie. Elke môre sal ek al die goddeloses in die land vernietig, om so almal wat onreg pleeg, uit die stad van die HERE uit te roei.
PSALMS 101:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot eer van U, HERE, wil ek sing. Ek sal my verstandig gedra op 'n volmaakte manier. O wanneer sal jy na my toe kom? Ek sal met 'n volmaakte hart in my huis loop. Ek sal geen goddelose ding voor my oë stel nie: Ek haat die werk van die wat afwyk; dit sal nie aan my kleef nie. 'n Verkeerde hart sal van my wyk: 'n goddelose sal ek nie ken nie. Wie sy naaste in die geheim belaster, hom sal Ek uitroei; wie 'n hoë voorkoms en 'n trotse hart het, sal Ek nie ly nie. My oë sal wees op die getroues van die land, dat hulle by My kan woon; wie op 'n volmaakte weg wandel, hy sal My dien. Hy wat bedrog pleeg, mag nie in my huis woon nie; hy wat leuens vertel, sal voor my oë nie vertoef nie. Ek sal al die goddeloses van die land vroegtydig vernietig; dat ek alle goddelose daders uit die stad van die HERE kan uitroei.
PSALMS 101:1-8 Die Boodskap (DB)
Ek wil sing van u liefdevolle goedheid en u regverdigheid. Ek wil liedere sing oor hoe groot en belangrik U is. Ek wil probeer leef soos U wil hê. Wanneer kom U na my toe? Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees. Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie. Ek hou ook net mooi niks van al die dinge wat slegte mense doen nie. Daarmee wil ek niks te doen hê nie. Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie. Ek kan mense wat skinder, nie verdra nie. Ek wil hulle sommer iets aandoen. ’n Windbol wat te veel van homself dink, wil ek sommer net daar bestraf. Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my. Hulle kan vir my werk. Iemand wat lieg en bedrieg, moet dit nie eens oorweeg om naby my paleis te kom nie. Daar sal nie een dag verbygaan dat ek nie slegte mense die stryd sal aansê nie. Ek sal nie ophou tot hulle almal aan die pen gery het nie.
PSALMS 101:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil sing van u trou en geregtigheid. HERE, ek wil U met liedere prys. Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe, maar wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe met ’n opregte hart. Ek steur my nie aan bose dinge nie. Ek haat alle valsheid; dit sal nie op my ’n houvas kry nie. Ek sal verkeerde gedagtes verwerp en wegbly van alles wat boos is. Iemand wat sy naaste beskinder, sal ek tot swye bring. Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan, sal ek nie duld nie. Ek let op die getroues in die land, en laat hulle by my woon. Net dié wat opreg lewe, net húlle sal my dien. Bedrieërs sal nie in my huis woon nie, en leuenaars sal nie by my bly nie. Soggens sal ek regspreek, die goddeloses in die land uitroei, en al die bewerkers van kwaad afsny van die stad van die HERE.