PSALMS 100:4-5
PSALMS 100:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet deur sy poorte inkom en vir Hom dankie sê, julle moet voor sy tempel kom staan en julle moet Hom prys. Julle moet vir Hom dankie sê, julle moet sy Naam prys. Want die Here is goed, Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly dieselfde vir elke geslag.
PSALMS 100:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam. Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
PSALMS 100:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
PSALMS 100:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gaan sy poorte binne met lofprysing, sy voorhowe met 'n loflied; loof Hom, prys sy Naam. Want die HERE is goed, vir ewig duur sy troue liefde, van geslag tot geslag sy trou.
PSALMS 100:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gaan in sy poorte in met danksegging en in sy voorhowe met lof; wees Hom dankbaar en loof Sy Naam. Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is ewig; en sy waarheid is van geslag tot geslag.
PSALMS 100:4-5 Die Boodskap (DB)
Dien die Here. Loof Hom veral daar waar die gelowiges bymekaarkom. Sing lofliedere saam met almal wat die Here liefhet. Loof sy Naam. Luister mooi, die Here is ’n goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd!