PSALMS 10:11-18
PSALMS 10:11-18 Bybel vir almal (ABA)
Hy dink God het daardie mense vergeet, hy dink God kyk weg en sien nooit wat gebeur nie. Here, U moet nou iets doen, o God, U moet u hand uitsteek en help, U moenie die mense vergeet wat hulleself nie kan beskerm nie. Hoekom dink die mens wat verkeerd doen dat God nie belangrik is nie? Hoekom dink hy God sal hom nie straf nie? U sien hoe mense swaarkry en seerkry, U sien dit en U sal iets doen. Die mens wat homself nie kan help nie, die weeskind, glo dat U hom sal help, en U sál dit doen. U moet die mens swak maak wat verkeerd doen, U moet die krag van die slegte mens breek. U moet hom straf oor alles wat hy verkeerd doen, hy moet nooit weer verkeerd doen nie. Die Here is Koning vir altyd, die ander volke is weg uit sy land. Here, U het gehoor wat die mense wil hê, Here, U het gehoor wat die mense wil hê, die mense wat hulleself nie kan beskerm nie. die mense wat hulleself nie kan beskerm nie. U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle. U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle. U doen reg aan die weeskind U doen reg aan die weeskind en die mens wat swaarkry. en die mens wat swaarkry. Niemand op die aarde sal weer slegte dinge doen Niemand op die aarde sal weer slegte dinge doen aan ander mense nie. aan ander mense nie.
PSALMS 10:11-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie. Staan op, HERE! O God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie! Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie? U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees. Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie! Die HERE is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land. HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
PSALMS 10:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sê vir homself: “God steur Hom nie daaraan nie, Hy kyk weg, Hy sal dit nooit raaksien nie.” Kom tog, Here! Toon u mag, o God! Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie. Hoe durf die goddeloses God verag en reken Hy sal hulle nie uitvind nie? En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar 'n einde aan. Op U verlaat die ongelukkige hom, ook vir die weeskind is U 'n helper. Verbreek tog die magsgreep van die goddelose en van die misdadiger, straf sy misdade! Moenie een enkele van sy misdade verskoon nie. Die Here bly altyd koning, die vyande is uit sy land verdryf. U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed. U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood, sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie.
PSALMS 10:11-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die goddelose sê in sy hart: “God vergeet. Hy hou sy oë toe; Hy sien dit nooit raak nie.” Staan op, HERE; God, lig u hand; vergeet die magteloses tog nie! Waarom verag 'n goddelose mens God? Hy sê in sy hart U eis nie rekenskap nie. U sien tog self die moeite en verdriet, U sien dit raak. Deur dit in u hand te gee, laat weerloses dit aan U oor; vir weeskinders is U 'n helper. Breek die arm van die goddelose, ja, eis rekenskap van 'n bose mens oor sy goddeloosheid totdat U niks meer vind nie. Die HERE is Koning vir altyd en ewig; nasies verdwyn uit sy land. U het gehoor wat die verdruktes graag wil hê, HERE. U versterk hulle harte, U oor luister aandagtig om aan die weeskind en die onderdrukte reg te laat geskied. Niemand sal meer voortgaan om mense uit die land te verdryf nie.
PSALMS 10:11-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het in sy hart gesê: God het vergeet; Hy verberg sy aangesig; hy sal dit nooit sien nie. Staan op, HERE; O God, hef u hand op; vergeet die nederiges nie. Waarom verag die goddelose God? hy het in sy hart gesê: Jy sal dit nie eis nie. U het dit gesien; want jy sien onheil en rampspoed, om dit met jou hand te vergeld; die arme gee hom oor aan jou; jy is die helper van die wees. Breek jy die arm van die goddelose en die bose man; soek sy boosheid totdat jy niks kry nie. Die HERE is Koning vir ewig en altyd; die nasies het vergaan uit sy land. HERE, U het die begeerte van die nederiges gehoor; U sal hulle hart voorberei, U oor laat hoor. Om die wees en die verdruktes te oordeel, sodat die mens van die aarde nie meer verdruk nie.
PSALMS 10:11-18 Die Boodskap (DB)
Hulle sê vir hulleself: “God het vergeet wat ons doen. Hy sien dit nie raak nie. Hy steur Hom nie daaraan nie!” Gryp in, Here! God, wys dat U die sterkste is. Moenie mense wat sleg behandel word, vergeet nie! Die goddeloses het geen respek vir U nie. Hulle dink: “God gaan ons nie laat rekenskap doen van al ons slegte dade nie!” Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word. Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U. Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor. U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie. Bring ’n einde aan die magspel van die mense wat aanhou om slegte dinge te doen, Here! Moenie dat een verkeerde daad van hulle ongestraf bly nie. Die Here regeer oor die hemel en die aarde vir altyd. Omdat Hy al die mag het, kan die volke nie in hierdie land aanhou bly nie. Here, U hoor alles wat hulpelose mense vir U vra. U gee vir hulle nuwe krag. U hoor as hulle met U praat. U sorg dat mense wat geen regte het nie en onderdruk word, goed behandel word. Daarom hoef niemand bang te wees vir magsbehepte mense nie. God self sal met al die skuldiges afreken.
PSALMS 10:11-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy wat kwaad doen, sê vir homself: “God het vergeet, Hy kyk tog nie en sal dit nooit raaksien nie!” Staan op, HERE! Tree op teen die goddeloses, o God! Moenie die hulpeloses vergeet nie! Hoekom verag die goddelose vir God en sê by homself: “Hy sal tog nie rekenskap eis nie”? Maar U sien die moeilikheid en leed wat hulle veroorsaak, ja, U, U sien dit raak en tree teen hulle op. Die hulpeloses vertrou op U, die beskermer van die weeskind. Breek die greep van die goddelose, dié wat kwaad bewerk! Roep hom tot verantwoording oor sy bose dade totdat U hom nie meer vind nie. Die HERE is koning vir altyd! Die nasies is uit sy land verdryf. HERE, U hoor die smeking van die hulpeloses. U sal hulle gerusstel en hulle gebede verhoor. U spreek reg oor wese en verdruktes sodat mense hulle nie meer verskrik nie.