PSALMS 1:1
PSALMS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Dit gaan goed met 'n mens wat nie luister na mense wat verkeerd doen nie, wat nie doen wat sondaars doen nie, en wat nie saam spot wanneer mense sit en spot nie.
PSALMS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie
PSALMS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie
PSALMS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg, nie op die pad van sondaars gaan staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie
PSALMS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van sondaars en nie sit in die troon van die spotters nie.
PSALMS 1:1 Die Boodskap (DB)
God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie. Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie.