SPREUKE 4:1-2
SPREUKE 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Kinders, julle moet luister wanneer julle pa vir julle leer, julle moet luister, sodat julle kan weet wat om te doen, want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer, julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.
SPREUKE 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken; want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
SPREUKE 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte; slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is, want wat ek julle leer, is goed; moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
SPREUKE 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Seuns, luister na die vermaning van 'n vader, en slaan ag daarop om insig te leer ken. Want dit is goeie onderrig wat ek julle gee; my onderwysing – moet dit nie verontagsaam nie.
SPREUKE 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoor, kinders, die opdrag van 'n vader, en let op om insig te leer ken. Want Ek gee julle goeie leer, verlaat my wet nie.