SPREUKE 31:29,31
SPREUKE 31:29 Bybel vir almal (ABA)
“Baie vroue doen goed, maar jy doen beter as hulle almal.”
Spreuke 31:31 Bybel vir almal (ABA)
Sy moet self ook kry van alles waarvoor sy werk, almal by die poorte moet haar prys.
SPREUKE 31:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
SPREUKE 31:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
SPREUKE 31:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”
SPREUKE 31:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.
SPREUKE 31:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Baie vroue het hulle knap gedra, maar jy, jy oortref hulle almal.”
Spreuke 31:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gee aan haar 'n deel van die vrug van haar hande; mag hulle haar in die stadspoorte vir haar dade prys!
SPREUKE 31:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Baie dogters het deugsaam gehandel, maar U oortref hulle almal.
Spreuke Spreuke Van Salamo 31:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee haar van die vrug van haar hande; en laat haar werke haar loof in die poorte.
SPREUKE 31:29 Die Boodskap (DB)
In hierdie lewe is daar baie goeie vroue, maar hierdie vrou oortref almal.
Spreuke 31:31 Die Boodskap (DB)
Eer haar vir wat sy doen. Almal sal haar lof besing.
SPREUKE 31:29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!”
