SPREUKE 30:3-5
SPREUKE 30:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie. Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom? Wie het die wind in sy twee hande gevat? Wie het die water in 'n doek toegedraai? Wie het die grense van die aarde vasgestel? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet? Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
SPREUKE 30:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie. Wie het opgegaan na die hemel en het weer afgekom? Wie het die wind met sy hande vasgehou? Wie het die water toegebind in 'n bo-kleed? Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam? Weet jy wie dit is? Alles wat God gesê het, is waar. Hy beskerm die mense wat in Hom glo.
SPREUKE 30:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie. Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet? Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
SPREUKE 30:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie. Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom? Wie het die wind in sy twee hande gevat? Wie het die water in 'n doek toegedraai? Wie het die grense van die aarde vasgestel? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet? Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
SPREUKE 30:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het nie wysheid geleer nie, en kennis van die Heilige het ek nie. Wie het opgegaan na die hemel en afgekom? Wie het die wind bymekaargemaak in die holte van sy twee hande? Wie het die water in 'n oorkleed saamgebind? Wie het al die uithoeke van die aarde vasgestel? Wat is sy naam? En wat is sy seun se naam, as jy dit weet? Elke woord van God is gelouter; 'n skild is Hy vir hulle wat by Hom skuil.
SPREUKE 30:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het nie wysheid geleer nie, en ek het geen kennis van die heilige nie. Wie het opgevaar in die hemel of neergedaal? wie het die wind in sy vuiste bymekaargemaak? wie het die waters in 'n kleed gebind? wie het al die eindes van die aarde bevestig? wat is sy naam, en wat is die naam van sy seun, as jy dit weet? Elke woord van God is rein: Hy is 'n skild vir die wat op Hom vertrou.
SPREUKE 30:3-5 Die Boodskap (DB)
Ek het nooit gaan leer nie. Van die Allerheiligste weet ek te min. Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is. Elke woord van die Here is waar. Jy kan daarop reken. Wie by Hom wegkruip, is veilig. Hy beskerm elkeen.
SPREUKE 30:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het nie wysheid aangeleer nie. Ek ken nie die heilige God nie. Wie kan na die hemel toe gaan en van daar af ondertoe kom? Wie kan die wind in sy twee hande vashou? Wie kan die waters in sy jas toedraai? Wie het die wye wêreld gemaak? Wat is sy naam? En die naam van sy seun? Sê tog as jy dit weet! Elke woord van God is getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek.