SPREUKE 30:29-31
SPREUKE 30:29-31 Bybel vir almal (ABA)
Daar is drie dinge wat netjies en mooi loop, nee, daar is vier dinge wat netjies en mooi stap: Dit is 'n leeu wat sterker is as ander diere en wat vir niemand vlug nie, 'n hoenderhaan, 'n bok-ram, en 'n koning wat sy manne lei.
SPREUKE 30:29-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop: die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie; die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
SPREUKE 30:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is drie, nee, vier wat statig stap, wat 'n statige houding het: 'n leeu, die magtigste van al die diere, wat vir niks stuit nie; 'n spoghaan; 'n bokram; en 'n koning met sy leër by hom.
SPREUKE 30:29-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is drie met 'n statige stap, vier met 'n statige gang: 'n leeu, die held onder die diere wat vir niks terugdeins nie, 'n haan wat pronkerig stap, of 'n bokram, en 'n koning met sy leër by hom.
SPREUKE 30:29-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is drie dinge wat goed gaan, ja, vier is mooi aan die gang: 'n Leeu wat die sterkste onder die diere is en vir niemand wegdraai nie; 'n Windhond; ook 'n bok; en 'n koning teen wie daar geen opstaan nie.
SPREUKE 30:29-31 Die Boodskap (DB)
Daar is drie dinge wat indruk maak, vier wat ’n mens altyd sal onthou: die leeu wat oor die diereryk heers en vir niemand terugstaan nie; die haan wat triomfantlik oor die henne heers; die ram aan die voorpunt van sy trop; die koning wat sy troepe uitlei.