SPREUKE 30:1-4
SPREUKE 30:1-4 Die Boodskap (DB)
Die woorde van Agur, die seun van Jake, van Massa. Dit is belangrike woorde aan Itiël en Ukal. Ek is dom. Ek weet net mooi niks nie. Ek het nooit gaan leer nie. Van die Allerheiligste weet ek te min. Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is.
SPREUKE 30:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die dinge wat Agur seun van Jake gesê het. Hy het van die land Massa gekom en hy was 'n man wat gepraat het met Itiël, met Itiël en met Ukal. Regtig, ek was dommer as ander mense, ek het nie geweet wat ander mense weet nie. Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie. Wie het opgegaan na die hemel en het weer afgekom? Wie het die wind met sy hande vasgehou? Wie het die water toegebind in 'n bo-kleed? Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam? Weet jy wie dit is?
SPREUKE 30:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag. Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie. En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie. Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet?
SPREUKE 30:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woorde van Agur seun van Jake. 'n Belangrike uitspraak. Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal: Ek is meer dier as mens, ek het nie die verstand van 'n mens nie. Ek het nie wysheid geleer nie, ek ken nie die heilige God nie. Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom? Wie het die wind in sy twee hande gevat? Wie het die water in 'n doek toegedraai? Wie het die grense van die aarde vasgestel? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet?
SPREUKE 30:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde van Agur, seun van Jake. Uitspraak van God. Dit is die uitspraak van die man: Ek is moeg, o God, ek is moeg, o God, en gedaan. Want ek is dommer as enigiemand; ek het nie die verstand van 'n mens nie. Ek het nie wysheid geleer nie, en kennis van die Heilige het ek nie. Wie het opgegaan na die hemel en afgekom? Wie het die wind bymekaargemaak in die holte van sy twee hande? Wie het die water in 'n oorkleed saamgebind? Wie het al die uithoeke van die aarde vasgestel? Wat is sy naam? En wat is sy seun se naam, as jy dit weet?
SPREUKE 30:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die woorde van Agur, die seun van Jake, die profesie: die man het gespreek met Itiël, met Itiël en Ukal, Waarlik, ek is bruter as enige mens, en ek het geen verstand van 'n mens nie. Ek het nie wysheid geleer nie, en ek het geen kennis van die heilige nie. Wie het opgevaar in die hemel of neergedaal? wie het die wind in sy vuiste bymekaargemaak? wie het die waters in 'n kleed gebind? wie het al die eindes van die aarde bevestig? wat is sy naam, en wat is die naam van sy seun, as jy dit weet?
SPREUKE 30:1-4 Die Boodskap (DB)
Die woorde van Agur, die seun van Jake, van Massa. Dit is belangrike woorde aan Itiël en Ukal. Ek is dom. Ek weet net mooi niks nie. Ek het nooit gaan leer nie. Van die Allerheiligste weet ek te min. Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is.
SPREUKE 30:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die woorde van Agur seun van Jake. ’n Uitspraak. Die man het vir Itiël gesê, vir Itiël en vir Ukal: Ek is te onkundig om ’n mens te wees. Ek het nie eens die verstand van ’n mens nie. Ek het nie wysheid aangeleer nie. Ek ken nie die heilige God nie. Wie kan na die hemel toe gaan en van daar af ondertoe kom? Wie kan die wind in sy twee hande vashou? Wie kan die waters in sy jas toedraai? Wie het die wye wêreld gemaak? Wat is sy naam? En die naam van sy seun? Sê tog as jy dit weet!