SPREUKE 3:33-35
SPREUKE 3:33-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vloek van die Here rus op die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is. Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir dié wat beskeie is. Wyse mense verkry eer, maar dwase kom al hoe meer in die skande.
SPREUKE 3:33-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE se vervloeking rus op die huis van goddeloses, maar die tuiste van regverdiges seën Hy. Met spotters spot Hy self, maar aan magteloses skenk Hy genade. Eer is wat wyses as erfdeel ontvang, maar dwase, dié verhoog Hy tot skande.
SPREUKE 3:33-35 Die Boodskap (DB)
Met ’n goddelose mens se familie gaan dit sleg, terwyl die Here iemand wat wys leef se huis met voorspoed, geluk en kinders oorlaai. Met hulle wat baie van hulleself dink, spot die Here. Hy lag lekker vir hulle. Hulle wat egter nederig is en uit sy hand leef, het Hy oneindig lief. Wyses ontvang in hierdie lewe eer terwyl dommes verneder word.
SPREUKE 3:33-35 Bybel vir almal (ABA)
Die Here vervloek die huisgesin van die mens wat verkeerd doen, maar Hy seën die huisgesin van die mens wat reg lewe. Wanneer mense dink dat hulle vir ander mense kan spot, dan spot die Here vir húlle. Wanneer mense weet dat hulle nie hulleself kan help nie, dan is die Here goed vir hulle. Wanneer iemand wysheid het, dan sal mense hom respekteer, maar mense wat dwaas is, sal meer en meer dinge doen waarvan mense nie hou nie.
SPREUKE 3:33-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
SPREUKE 3:33-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. Waarlik, Hy spot die spotters, maar aan die geringes gee Hy genade. Die wyse sal heerlikheid beërwe, maar skande sal die bevordering van die dwase wees.