SPREUKE 3:25-26
SPREUKE 3:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie bang wees dat dit skielik sleg sal gaan met jou nie. Wanneer die stormwinde begin waai oor die mense wat verkeerd doen, dan moet jy nie bang wees dat hulle ook oor jou sal waai nie. Want die Here sal by jou wees, Hy sal keer dat jou voet nie vassit in 'n vangstrik nie.
SPREUKE 3:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
SPREUKE 3:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.
SPREUKE 3:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy hoef nie bang te wees vir 'n onverwagte verskrikking, of vir die teenspoed van goddeloses wanneer dit kom nie. Want die HERE sal aan jou sy wees, en Hy sal keer dat jou voet in 'n strik trap.
SPREUKE 3:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie bang wees vir skielike vrees, of vir die verwoesting van die goddelose as dit kom nie. Want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar om nie gevang te word nie.