SPREUKE 3:19-20
SPREUKE 3:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het wysheid en verstand, Hy het die aarde en die hemel gemaak. Hy het geweet wat om te doen, Hy het fonteine uit die diep water laat stroom en Hy het die wolke vol water gemaak.
SPREUKE 3:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
SPREUKE 3:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig. Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog.
SPREUKE 3:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE self het die aarde gegrondves met wysheid, die hemel gevestig met verstand. Deur sy kennis is die •oerwaters gekloof en drup die wolke dou.
SPREUKE 3:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het die aarde deur wysheid gegrond; deur verstand het Hy die hemele bevestig. Deur sy kennis word die dieptes opgebreek, en die wolke laat dou waai.