SPREUKE 29:5-8
SPREUKE 29:5-8 Bybel vir almal (ABA)
'n Persoon wat dinge sê net om iemand anders gelukkig te laat voel, wil hom in 'n vangnet vang. Die slegte mens wat verkeerd doen, wil iemand in 'n vangstrik laat trap, maar die mens wat reg lewe, sing vrolik. Iemand wat reg lewe, weet hoe om reg te doen aan arm mense, maar iemand wat verkeerd doen, wil dit nie weet nie. Persone wat altyd wil spot, maak die mense in 'n stad kwaad, wyse mense laat daar weer vrede kom.
SPREUKE 29:5-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe. In die oortreding van 'n slegte mens is 'n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees. Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie. Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
SPREUKE 29:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Man wat 'n ander vlei, is besig om hom in 'n strik te laat loop. 'n Mens se sonde is sy grootste gevaar. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing. 'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense, 'n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie. Ligsinnige mense bring 'n stad in oproer; wyse mense kalmeer die gemoedere.
SPREUKE 29:5-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Man wat sy medemens vlei, span 'n vangnet vir sy eie voete. In die oortreding van 'n bose mens lê daar 'n valstrik, maar 'n regverdige juig en is bly. 'n Regverdige is bedag op die regte van armes; 'n goddelose verstaan nie sulke kennis nie. Spotters blaas oproer aan in 'n stad, maar wyses bring toorn tot bedaring.
SPREUKE 29:5-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net vir sy voete uit. In die oortreding van 'n bose man is daar 'n strik, maar die regverdige jubel en juig. Die regverdige let op die saak van die arme, maar die goddelose slaan dit nie op nie. Magters bring 'n stad in 'n strik, maar wyse manne keer die toorn af.
SPREUKE 29:5-8 Die Boodskap (DB)
Loop katvoet vir die man wat jou altyd loop en vlei. Hy bedoel dit nie regtig nie. Dit is soos ’n net wat hy oor jou gooi en waaruit jy nie kan loskom nie. ’n Slegte mens se verkeerde dade is soos ’n gat waarin hy self val. ’n Gelowige is ’n gelukkige mens. Hy sing van vreugde. ’n Gelowige weet dat hy ’n arm mens moet help. ’n Slegte mens steur hom nie aan die armes nie. Hy sal hulle nooit help nie. Dom mense sweep maklik ’n groep op. Wyse mense weet hoe om die woede te laat bedaar.
SPREUKE 29:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat sy medemens vlei, is besig om ’n valstrik te stel. ’n Goddelose mens se eie sonde is sy ondergang. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing. ’n Regverdige mens gee om vir arm mense se regte. ’n Goddelose mens het geen begrip daarvoor nie. Ligsinnige mense kan ’n hele stad op hol jaag; wyse mense laat gemoedere bedaar.