SPREUKE 29:26-27
SPREUKE 29:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie mense soek guns by 'n heerser, maar 'n mens se reg kom van die HERE. 'n Oneerlike mens is afstootlik vir regverdiges; maar wie opreg is in sy optrede, is afstootlik vir 'n goddelose.
SPREUKE 29:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal soek die guns van die regeerder, maar dit is die Here wat aan 'n mens reg laat geskied. Mense wat die wil van die Here doen, het 'n afsku in iemand wat onwys optree; 'n goddelose mens het 'n afsku in dié wat reg lewe.
SPREUKE 29:26-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Baie mense soek na die guns van die regeerder, maar dis net die HERE wat aan ’n mens werklik reg kan laat geskied. Dié wat lewe volgens die wil van die HERE verafsku iemand wat oneerlik is; ’n goddelose mens verafsku hulle wat reg lewe.
SPREUKE 29:26-27 Bybel vir almal (ABA)
Baie mense doen dinge sodat die koning van hulle moet hou, maar dit is die Here wat reg doen aan 'n mens. Mense wat reg lewe, haat iemand wat verkeerde dinge doen, maar iemand wat verkeerd doen, haat 'n persoon wat eerlik lewe.
SPREUKE 29:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE. 'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.
SPREUKE 29:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal soek die guns van die regeerder, maar dit is die Here wat aan 'n mens reg laat geskied. Mense wat die wil van die Here doen, het 'n afsku in iemand wat onwys optree; 'n goddelose mens het 'n afsku in dié wat reg lewe.
SPREUKE 29:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Baie mense soek guns by 'n heerser, maar 'n mens se reg kom van die HERE. 'n Oneerlike mens is afstootlik vir regverdiges; maar wie opreg is in sy optrede, is afstootlik vir 'n goddelose.
SPREUKE 29:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Baie soek die guns van die heerser; maar elkeen se oordeel kom van die HERE. 'n Onregverdige is 'n gruwel vir die regverdige, en hy wat opreg is op die weg, is 'n gruwel vir die goddelose.
SPREUKE 29:26-27 Die Boodskap (DB)
Mense kruip by invloedrykes om gunste te kry. Vertrou eerder op die Here. Hy sal jou saak hanteer. ’n Gelowige wil niks met ’n slegte mens en sy verkeerde dade te make hê nie. ’n Ongelowige kan iemand wat reg leef nie verdra nie.