SPREUKE 29:19-20
SPREUKE 29:19-20 Die Boodskap (DB)
Iemand wat vir jou werk, luister nie altyd na wat jy sê nie. Hy verstaan wat jy sê, maar hy steur hom eenvoudig nie aan jou nie. Ken jy iemand wat praat voordat hy dink? Wel, daar is vir ’n dom mens meer hoop om te verander as vir hom.
SPREUKE 29:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie. Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir 'n dwaas.
SPREUKE 29:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Dit help nie om net te praat met 'n slaaf nie, hy verstaan wat jy sê, maar hy doen nie wat jy wil hê nie. Wanneer jy iemand sien wat praat voordat hy goed gedink het, dan moet jy dit weet: Dit sal beter gaan met 'n dwaas as met daardie persoon.
SPREUKE 29:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie. Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
SPREUKE 29:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie. Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink, is daar minder hoop as vir 'n dwaas.
SPREUKE 29:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur woorde alleen laat 'n slaaf hom nie bestraf nie; al verstaan hy dit, hy reageer nie daarop nie. Het jy al iemand gesien wat oorhaastig is met sy woorde? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
SPREUKE 29:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Dienskneg sal nie met woorde gestraf word nie, want al verstaan hy, sal hy nie antwoord nie. Sien jy 'n man wat haastig is in sy woorde? daar is meer hoop op 'n dwaas as op hom.