SPREUKE 29:15-17
SPREUKE 29:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid; 'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande. As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat die wil van die Here doen, sal sien hoe die goddeloses ondergaan. Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Pak slae en ’n teregwysing bring wysheid. ’n Kind wat aan homself oorgelaat is, steek sy ma in die skande. As goddeloses vermeerder, word oortredings ook meer. Die regverdiges sien die ondergang van goddeloses. Leer jou seun wat dissipline is en jy sal gerus wees oor hom. Hy sal jou vreugde verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy jou kind straf en vir hom sê hoe hy moet lewe, dan kry hy wysheid, maar wanneer jy hom los, dan sal sy ma skaam wees oor hom. Wanneer mense wat verkeerd doen, baie word, dan word die sonde baie, maar die mense wat reg lewe, sal sien hoe sleg dit gaan met daardie mense. As jy vir jou seun reg geleer het, dan sal jy tevrede wees met hom, hy sal jou gelukkig laat voel.
SPREUKE 29:15-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande. As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang. Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid; 'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande. As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat die wil van die Here doen, sal sien hoe die goddeloses ondergaan. Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Lat en teregwysing gee wysheid; maar 'n jong seun aan homself oorgelaat, steek sy moeder in die skande. Wanneer goddeloses meer word, neem oortredings toe; maar regverdiges sal hulle val beleef. Straf jou seun, dan sal hy jou rus gee; hy sal aan jou lewe genot verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die roede en teregwysing gee wysheid, maar 'n kind wat aan homself oorgelaat word, beskaam sy moeder. As die goddelose vermenigvuldig word, neem die oortreding toe, maar die regverdiges sal hulle val sien. Maak jou seun reg, en hy sal jou rus gee; ja, hy sal aan jou siel vreugde verskaf.
SPREUKE 29:15-17 Die Boodskap (DB)
Tug en dissipline help ’n kind om reg te leef. Die kind wat aan homself oorgelaat word, is ’n skandemaker. Wanneer slegte mense regeer, heers wanorde en korrupsie. Gelowiges weet dat so ’n regering tot ’n val sal kom. Tug jou kind en hy is jou trots. Dissiplineer hom en hy maak jou gelukkig.