SPREUKE 28:19-20
SPREUKE 28:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sy grond bewerk, eet hom versadig aan brood; maar wie nietighede najaag, sal hom versadig eet aan armoede. 'n Betroubare man ervaar baie seëninge; maar wie vinnig ryk wil word, sal nie ongestraf bly nie.
SPREUKE 28:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm. 'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.
SPREUKE 28:19-20 Die Boodskap (DB)
Wie hard werk, het genoeg om te eet. Wie rondstaan en niks doen nie, sal arm word. ’n Betroubare mens ervaar baie seëninge. Wie vinnig ryk wil word, verbrand sy vingers.
SPREUKE 28:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand in sy grond werk, dan sal hy genoeg hê om te eet. Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie, dan sal hy arm bly. Dit gaan baie goed met iemand wat altyd doen wat hy belowe, maar die Here sal die persoon straf wat gou ryk wil word.
SPREUKE 28:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop. 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
SPREUKE 28:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm. 'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.
SPREUKE 28:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sy grond bewerk, eet hom versadig aan brood; maar wie nietighede najaag, sal hom versadig eet aan armoede. 'n Betroubare man ervaar baie seëninge; maar wie vinnig ryk wil word, sal nie ongestraf bly nie.
SPREUKE 28:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat sy land bewerk, sal brood hê in oorvloed; 'n Betroubare man is oorvloedig met seëninge, maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie onskuldig wees nie.