SPREUKE 28:15-16
SPREUKE 28:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand wat altyd verkeerd doen, regeer oor mense wat hulleself nie kan beskerm nie, dan is hy soos 'n leeu wat brul of soos 'n beer wat mense wil doodmaak. 'n Onverstandige koning verdruk sy mense, maar 'n koning wat dit haat om oneerlik te wees, sal lank regeer.
SPREUKE 28:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers. 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.
SPREUKE 28:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm, so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk. As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank.
SPREUKE 28:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Leeu wat grom, en 'n beer wat aangestorm kom, so is 'n goddelose wat heers oor 'n arm volk. 'n •Leier wat 'n groot uitbuiter is, het 'n gebrek aan insig; hulle wat egter 'n weersin het in onregverdige wins, sal lank bly leef.
SPREUKE 28:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos 'n brullende leeu en 'n beer wat waai; so is 'n goddelose heerser oor die arm mense. Die vors wat verstand ontbreek, is ook 'n groot verdrukker; maar hy wat hebsug haat, sal sy dae verleng.
SPREUKE 28:15-16 Die Boodskap (DB)
Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n slegte leier wat hulpeloses en armes se regte vertrap. Hy maak hulle lewe net nog moeiliker. ’n Regeerder sonder insig in die regte manier van lewe, sal sy mag misbruik. Wie wanpraktyke haat, sal lank regeer.